Hy kan nie die disrespek vir gesag wat onlangs mode geraak het in die party meer duld nie, het hy Donderdag op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê.
Ngonyama, 'n oudwoordvoerder van die presidensie, gaan ook sy gewig ingooi by die nuwe party van oudminister Terror Lekota, die Volkskongres oftewel die Congres of the People (Cope) soos dit in Engels bekendstaan.
Dit is nog nie bekend watter posisie hy in die party sal bekleë nie.
