Jong kiesers wil blykbaar stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê dat meer as 3,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer, herregistreer of aangedui het hul besonderhede op die kieserslys is korrek. Altesame 'n rekordgetal van 1,6 miljoen nuwe kiesers het die afgelope naweek vir aanstaande jaar se verkiesing geregistreer.

Dr. Brigalia Bam, OVK-voorsitter, het gesê die naweek se registrasieveldtog was die suksesvolste ooit en kan hoofsaaklik aan die “huidige opwindende politieke omgewing” toegeskryf word.

Dit het meegebring dat die kieserslys met 7,61% tot 21 661 171 geregistreerdes gegroei het en baie jongmense het landwyd na die meer as 19 000 registrasiepunte gestroom.

Altesame 77,9% van die mense wat aangemeld het, was tussen 16 en 29 jaar. Daar was veral baie nuwe registrasies (835 447) van kiesers tussen 20 en 29 jaar.

KwaZulu-Natal het die meeste nuwelinge verwelkom op die kieserlys (451 030) gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap met onderskeidelik 369 623 en 193 444.

Bam het gesê dat meer vroue as mans registreer, en dit is die naweek weer bevestig. Altesame 882 536 vroue het as kiesers geregistreer, aansienlik meer as die 765 653 mans.

best way to gain followers on instagramДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae