Polisiemanne aangekla vir OTM-bom

Twee polisiemanne het saam met ses ander mans in die hof verskyn op aanklagte dat hulle ‘n OTM by Leslie in Mpumalanga opgeblaas het, het die polisie gesê.

 

Kaptein Leonard Hlati het gesê die twee polisiebeamptes wat by die Leslie polisiestasie gestasioneer was, was inspekteur Sipho Nkosi, (39) en konstabel William Smith (24).

Hulle is positief verbind met die opblaas van die OTM by die Caltex-garage in Leslie op 28 September.

Die georganiseerdemisdaadeenheid het Smith gearresteer nadat hulle ‘n leë magasyn op die toneel gevind het. Ondersoeke het getoon dat Smith na bewering sy wapen afgevuur het op die toneel en die magasyn daar gelaat het.

Smith het klaarblyklik daarna na die stoorklerk toe gegaan en haar R500,00 aangebied om ‘n nuwe magasyn aan hom te gee.

Toe polisie hom ondervra het, het hy onthul dat hy nie ‘n magasyn vir sy vuurwapen het nie, en dat die wapen by die perseel waar die roof plaasgevind het gebruik is.

Hy het erken dat inspekteur Nkosi een van die medepligtiges was.

Nkosi is gearresteer, en twee vuurwapens en sy dienspistool is gekonfiskeer. ‘n Groot bedrag geld, wat waarskynlik gesteel is na die opblaas van die OTM is ook na bewering in sy besit gevind.

Nog ses medepligtiges is op 2 Oktober gearresteer.

Hulle is Petrus Mbonani (45), Nimrod Mabasha (46), Patrick Nkonde (46), Ben Malaza (35), Moses Ledwaba (47) en Makhosini Hlope, ouderdom onbekend.

Die twee beamptes is geskors uit die polisiediens.

Die agt mans het op Dinsdag in die landdroshof op Leslie verskyn.

Hulle is borgtog van R10 000,00 toegestaan en moet weer op 11en 12  Februarie 2009 in die streekhof in Evander verskyn, het Hlati gesê.

настенно потолочные светильники arteАлександр Фильчаков прокурор