Volgens die SAUK het Meer gister dié aankondiging by haar huis in Durban gedoen waar Lekota, een van die leiers van die Volkskongres haar besoek het.
Sy het aan lede van die kongres gesê dat sy nie meer vertroue in die ANC het nie. Lekota het gesê dat hy nie verbaas was deur die aankondiging nie en dat hy Meer in kongres verwelkom.
Meer is een van verskeie ANC-lede wat in die onlangse tyd uit die regeringsparty bedank en hulle by die Volkskongres aangesluit het.

Prof. Fatima Meer, oud-ANC-styder met hegte bande ondermeer met Winnie Madikizela-Mandela, het gister haar steun toegesê aan die Volkskongres, wat onlangs uit die ANC weggebreek het.