Hulle bel die kliënte met besonderhede van hul rekeninge en uitstaande saldo's en dreig om hulle elektrisiteit af te sny tensy hulle 'n betaling aan 'n spesifieke rekening maak, met 'n spesiale pin-nommer.
Swendelaars is besig om die inwoners van Johannesburg te bedrieg, het City Power Dinsdag gewaarsku. Hulle gee voor om amptenare van die munisipaliteit en sy elektrisiteitsmaatskappy te wees, het City Power se senior korporatiewe ondersoeker Jabu Mkhonza in 'n verklaring gesê.
Hulle bel die kliënte met besonderhede van hul rekeninge en uitstaande saldo's en dreig om hulle elektrisiteit af te sny tensy hulle 'n betaling aan 'n spesifieke rekening maak, met 'n spesiale pin-nommer.
Johannesburg is die goedkoopste uit 143 stede ter wêreld vir buitelandse werknemers. Tokio is die duurste blyk dit uit die nuutste opname van die konsultantfirma Mercer oor die lewenskoste vir buitelanders op ses vastelande.
Die skerp daling van die rand teenoor die dollar was die hoofrede vir Johannesburg se daling tot die goedkoopste stad.
Mercer doen die opname elke jaar sodat multinasionale maatskappye en regerings 'n idee kan kry van wat buitelandse personeel werklik kos.
Johannesburg het vanjaar vir Asunción in Paraguay as die goedkoopste stad vervang terwyl Tokio vir Moskou as die duurste stad verbygesteek het.
Tweehonderd verskillende koste-items waaronder behuising, vervoer, klere, onderwys, kos en vermaak word verwerk met New York as die maatstaf 100 punte.
Tokio staan op 143,7 punte en Johannesburg kan met 49,6 spog.
Moskou bly die duurste stad in Europa vir buitelanders om in te woon.
Die ander duur stede in Europa is Genève, Zürich, Kopenhagen en Milaan.
Agt verdere voorlopige verdrae is ook deur die leiers van Amerika en Rusland onderteken.
Medwedef het ingestem om 4 500 Amerikaanse militêre vlugte per jaar oor Russiese grondgebied toe te laat om NAVO-voorraad aan Afganistan te lewer.
President Obama en premier Wladimir Poetin het klem gelê op hulle goeie verhoudinge maar ten spyte daarvan is geen handelsooreenkoms bereik nie. Amerika se plan om ’n missielafweerstelsel in Tsjeggië en Pole op te rig is tydens die ontmoeting nie besleg nie.
Die Russe is fel gekant teen die beoogde missielafweerstelsel.
Obama het Michail Gorbatsjof en opposisieleiers ontmoet voor sy vertrek na die G8-spitsberaad in Italië.
Die beoordelaars het die prys van $18 000 dollar aan Disgrace toegeken omdat dit die "diepste insig toon in hedendaagse politieke konflik asook die gepaardgaande konflik in die menslike siel".
"Ons sien uit na meer uitstekende films deur hom [Jacobs] in die afsienbare toekoms."
Die film is gegrond op die roman deur die Suid-Afrikaanse skrywer JM Coetzee wat in 1999 die Bookerprys losgeslaan het. Dit vertel die verhaal van 'n Suid-Afrikaanse professor, gespeel deur John Malkovich, wat alles verloor weens 'n verhouding met 'n student in post-apartheid Suid-Afrika.
Hy word verder ontwrig nadat hy na sy dogter se plaas trek waar plaasaancallers hom en sy dogter teiken. Resensente sê die film beeld veral die desperate situasie van die wit minderheid in Afrika uit.
Ander films wat uitgesonder is, was The Maid deur Sebastian Silva (Chile), The Dark Harbour deur Takatsugu Naito (Japan) en Breathless deur Yang Ik-june (Suid-Korea) won special mention awards.
The World Is Big en Salvation Lurks Around The Corner deur Stephan Komandarev (Bulgarye) het die Toeskouersvoorkeurprys gewen.
Die Taipei Filmfees het twee kompetisies, een vir nuwe talent en een vir plaaslike films. Dit sluit op 12 Julie en 141 films word tydens die fees vertoon.
Simon Grindrod, 'n hooffiguur in die Kongres van die Mense, oftewel COPE, het Dinsdag 'n aanval op die partyleierskap geloods.
"Dis besig om vir my helder te raak dat 'n groot bedrogspul jeens die Suid-Afrikaanse kieserspubliek gepleeg is en ek wil nie langer aan die leiding daarvan deelneem nie," het hy in 'n brief aan die party se algemene sekretaris gesê.
Hy het bedank as lid van COPE se nasionale werkskomitee en as die party se verkiesingshoof, maar bly as partylid aan.
"Ná agt maande van opregte pogings om die werk van die party as 'n lid van die nasionale dagbestuur te bevorder, is ek nou daarvan oortuig dat min geesdrif bestaan om die baie ernstige uitdagings aan te spreek waarvoor die party tans staan, wat nog te sê om hulle op te los."
Grindrod sê die party word deur probleme geteister, wat wissel van die leierskapstryde tussen die partypresident Terror Lekota en sy adjunk Mbhazima Shilowa, partylysmanipulasie, 'n kultuur van ontkenning, 'n onaktiewe partywebwerf en 'n leë hoofkantoor in die Johannesburgse middestad wat R60 000 per maand kos.
Hy het die partyleierskap daarvan beskuldig dat hulle hul langtermynvolhoubaarheid afskeep.
"Dit lyk baie, in die lig van onlangse gebeure, asof COPE weinig meer as 'n alternatiewe voertuig vir sekere sleutelindividue was wat tans van plan is om ANC-beleid en -prosesse onder 'n ander naam wil bevorder."
COPE het 'n "program van hoop en verandering vir alle Suid-Afrikaners" belowe.
Dis vir my glashelder dat "hoop" op die afdraande pad verkeer, dat daar geen "verandering" van ANC-praktyk is nie en dat die enige Suid-Afrikaners wat die "program" bepaal huidige en voormalige ANC-lede is, met die uitsluiting van die res."
Die wet maak van onwettige immigrasie 'n strafbare oortreding wat 'n boete van tot 10 000 euro sal behels. Onwettige immigrante sal langer, tot ses maande, aangehou kan word in detensiesentra voordat hulle gerepatrieer sal word.
Die nuwe wet maak ook voorsiening vir die skepping van ongewapende burgerwagte om de polisie by te staan om misdaad te bekamp. Kinders wat gedwing word om te bedel, 'n gewilde taktiek van sigeuner- en Roma-ouers, sal voortaan met tronkstraf strafbaar wees.
'n Heftige debat in die Senaat het die stem voorafgegaan. Die opposisie het die regering daarvan beskuldig dat hulle die regte van immigrante skend en gesê dat die skepping van burgerwagte die risiko inhou dat mense die reg in eie hande neem.
Hy het by die Gallagher Estate-konferensiesentrum in Midrand, waar die aankondiging gedoen is, gesê.“Vandag is die begin van ’n nuwe hoofstuk in die land se stryd teen misdaad."
Die Valke sal op drie areas fokus, naamlik georganiseerde misdaad, ekonomiese misdaad en korrupsie.
"’n Nuwe era het aangebreek," sê die nuwe hoof, komm. Anwa Dramat.
Byna 300 sake wat in die verlede deur lede van die Skerpioene ondersoek is, is gister amptelik aan Dramat oorhandig.
“Ons is trots om aan te kondig 218 van die 244 voormalige ondersoekers van die Skerpioene het ingestem om vir die Valke met hul werk voort te gaan,” het Dramat gesê.
Die Valke beoog om baie nou saam te werk met onder meer die departement van justisie, die tesourie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die finansiële intelligensiesentrum en die departe- ment van binnelandse sake.
Mthethwa het gesê 1 700 kandidate is al aan die aanvanklike streng veiligheidsklarings onderwerp en hulle hoop om binne 12 maande ’n totaal van 3 000 beamptes in die Valke se diens te hê.
Infrastruktuurontwikkeling sal, volgens die G8, saam met die landbou-inisiatief loop om arm lande by te staan om hul landbou-infrastruktuur op te bou sodat hulle nie meer bakhand sal staan vir regstreekse voedselhulp nie. Japan en die VSA sal die grootste skenkers wees.
Die derde groot tema van die beraad sal die formulering van ’n G8-standpunt oor aardverhitting wees wat in Desember by die wêreldomgewingsdebat in Kopenhagen sal plaasvind.
'n Konsortium, waarvan die G8 almal lede is, sal dmv die Wêreldbank, die Ontwikkelingsbank van Afrika en dié van Suider-Afrika, asook Nepad, ondersteuning verskaf vir die beoogde landbouprojekte.
Silvio Berlusconi, G8-voorsitter, het gesê “Ons wil met hierdie beraad verseker dat Afrika ’n volwaardige deelnemer aan die wêrelddebat word, nie net ’n ontvanger van internasionale geldhulp nie.”
Nog 17 wêreldleiers sal die beraad bywoon, onder wie president Jacob Zuma. Regeringshoofde van Mexiko, Suid-Korea, Egipte, Australië, Brasilië en Indië sal ook teenwoordig wees.
Die veroordeelde reeksverkragter Tsediso Letsoenya is 'n gevaarlike misdadiger en 'n gevaar vir die samelewing, is Maandag in die Kaapse Hoëhof aangevoer.
Die aanklaer Christenus van der Vijver het aan die hof vertel dat hy "nie in die minste hieraan twyfel nie". Van der Vijfer het voor regter Abe Motala en twee assessore betoog oor 'n geskikte vonnis wat Vrydag aan Letsoenya opgelê sal word.
Letsoenya gaan op 28 aanklagte van verkragting gevonnis word, waarvan agt vir lewenslange tronkstraf kwalifiseer, asook agt van roof waarvoor hy vir die minimum van 15 jaar op elk van die roofklagte in aanmerking kom.
Van der Vijver het gesê dat hy van plan is om die hof te versoek om Letsoenya tot 'n gevaarlike misdadiger te verklaar, wat sou beteken dat Letsoenya weer in die hof moet verskyn voordat hy uiteindelik op parool vrygelaat mag word.
Die voorgeskrewe minimum vonnis vir iemand wat as 'n gevaarlike misdadiger verklaar word is trouens swaarder as 'n lewenslange vonnis van 25 jaar in die sin dat 'n oortreder wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis word nie in die hof hoef te verskyn alvorens hy op parool vrygelaat word nie.
Van der Vijver het gesê die jurisprudensie skryf voor dat, waar moonlik, 'n oortreder 'n lewenslange straf moet ontvang eerder as wat hy tot 'n gevaarlike misdadiger verklaar word.
Volgens die Appèlhof is lewenslange gevangenisstraf die hoogste vonnis in Suid-Afrika, aangesien dit die doodstraf vevang het, het hy gesê.
Van der Vijver het gesê as daar ooit 'n saak was waar 'n mens kon sê dat die feite vir sigself spreek, dan was hierdie so 'n saak.
Hy het gesê die verkragtings is almal sorgvuldig beplan en elke keer het Letsoenya verseker dat hy op 'n plek soos 'n stasie was waar hy sy slagoffers sorgvuldig kon uitsoek.
Hy het voortse gesê dat die verkragtings oor 'n lang tyd plaasgevind het waartydens Letsoenya genoeg tyd gehad het om te besin en op te hou.
Van der Vijver het gemeen dat Letsoenya slegs opgehou het vanweë die tussenkoms van die polisie.
Volgens hom is verkragting een van die mees aftakelende en vernederende dinge wat 'n vrou kan oorkom.
Johnnie Carson is pas as Amerikaanse onderminister van buitelandse sake belas met Afrika aangestel. Volgens Carson het Mugabe Zimbabwe “verwoes”. Carson en Mugabe het verlede week tydens die Afrika-Unie (AU) se leiersberaad in Sirte, Libië, bladgeskud.
Die staatsbeheerde ZBC het die ontmoeting as ’n “belangrike stap” vir verbeterde verhoudings met die internasionale gemeenskap beskryf, maar diplomate in Harare het aan Sapa-dpa gesê Mugabe het uit die vergadering gestorm.
Volgens die Herald was Mugabe woedend oor Carson se “patroniserende houding”.
Carson is ’n “klein outjie wat dink hy kan vir ons voorskryf wat om te doen,” het Mugabe na berig word gesê. “Ek hoop nie hy praat namens Obama nie. ’n Mens sal nie met ’n idioot van daardie aard praat nie. Ek was baie kwaad vir hom.”
Mugabe het Jendayi Frazer, Carson se voorganger, vroeër ’n “prostituut” genoem en verlede week gesê Irene Khan van Amnestie Internasionaal is “getoor”.
Die VSA weerhou steeds direkte geldhulp aan die Zimbabwiese regering.