Valke neem by Skerpioene oor

Minister van polisie, Nathi Mthethwa, het die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (DPMO), wat bekend sal staan as die Valke, gister as die plaasvervanger van die voormalige Direktoraat van Spesiale Operasies (DSO), die Skerpioene, aangekondig.

Hy het by die Gallagher Estate-konferensiesentrum in Midrand, waar die aankondiging gedoen is, gesê.“Vandag is die begin van ’n nuwe hoofstuk in die land se stryd teen misdaad."

Die Valke sal op drie areas fokus, naamlik georganiseerde misdaad, ekonomiese misdaad en korrupsie.

"’n Nuwe era het aangebreek," sê die nuwe hoof, komm. Anwa Dramat.

Byna 300 sake wat in die verlede deur lede van die Skerpioene ondersoek is, is gister amptelik aan Dramat oorhandig.

“Ons is trots om aan te kondig 218 van die 244 voormalige ondersoekers van die Skerpioene het ingestem om vir die Valke met hul werk voort te gaan,” het Dramat gesê.

Die Valke beoog om baie nou saam te werk met onder meer die departement van justisie, die tesourie, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die finansiële intelligensiesentrum en die depar­te- ment van binnelandse sake.

Mthethwa het gesê 1 700 kandidate is al aan die aanvanklike streng veiligheidsklarings onderwerp en hulle hoop om binne 12 maande ’n totaal van 3 000 beamptes in die Valke se diens te hê.

поршневые компрессоры сОлександр Фільчаков прокурор