Die burgemeesterskomitee van die Madibeng-munisipaliteit in die Noordwesprovinsie sukkel om die situasie in Majakaneng onder beheer te kry nadat inwoners – hoofsaaklik jong swart mans – met die polisie slaags geraak het oor water. Vroeër dié week het die komitee met die leiers van die amokmakers ooreengekom en besluit om saam te werk om
Ses in Zim deur weerlig doodgeslaan
Sapa berig dat ses kinders en ‘n volwassene in Zimbabwedeur weerlig doodgeslaan is. Die Zimbabwe-uitsaaikorporasie, die staatsuitsaaier het Dinsdag in sy aandnuus gesê die ses kinders was tussen vier en 11 jaar oud. Die voorval het Maandagmiddag in Mugwinyi in Bikita plaasgevind. Die sewe persone het in twee grasdakhutte skuiling gesoek toe die weerlig hulle
Vermeende mensvreter pleit skuldig
‘n Swart Zimbabwiër het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig gepleit op moord en dat hy sy slagoffer se hart verwyder het. Hy het glo ook op die toneel van sy hart verorber. Andrew Chimboza (35) het op die eerste dag van sy verhoor ‘n pleitooreenkoms onderteken waarin hy skuldig pleit voor regter Ashley Binns-Ward
Poskantoor wys groot verlies
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) verwag ‘n groot verlies in sy finansiële jaar tot Maart van R1.3 miljard, het Beeld Maandag berig. Ouditeure is bekommerd oor Sapo se 2014-’15-jaarverslag en wat teen die einde van die bestaande finansiële jaar ook problematies lyk. Die verslag is verlede week vier maande te laat by die parlement ingedien. Verkwisting
Kanselier van nuwe universiteit binnekort aangekondig
Die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley kondig na verwagting môre aan wie die instelling se eerste heeltydse vise-kanselier is. Die universiteitsraad vergader môre om dié besluit te neem. Aansoeke het in Desember verlede jaar gesluit, onderhoude is gevoer en ‘n kortlys is intussen saamgestel. Die tussentydse hoof, Yunis Ballim, is volgens ‘n betroubare bron die gunsteling
Lees verder: Kanselier van nuwe universiteit binnekort aangekondig
Derde Bush vir die Withuis?
Die Withuis kan ‘n derde Bush dalk te wagte wees en ‘n tweede keer dat ‘n Bush ‘n Clinton die stryd aansê. Jeb Bush, voormalige goewerneur van die deelstaat Florida, is een van die Republikeinse Party se sterkste kandidate in die aanloop tot volgende jaar se benoemingstryd vir 2017 se presidentsverkiesing. Bush is die seun
Brand lê skool in puin na etniese konflik
Forensiese beamptes sal vandag met ondersoeke by die hoërskool in Malamulele in Limpopo begin nadat ‘n brand Maandagaand ‘n kantoorblok in puin gelê het, het RSG berig. Die gebied word die afgelope bykans drie weke deur protesoptrede geteister deur Tsongasprekers wat ‘n afsonderlike munisipaliteit eis. Tsongas kla dat Vendas voorkeur geniet. Leerders het nog nie
Griekeland se skuldsirkus
Die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras, het gister gesê sy linkse regering sou ten volle gebruik maak van ’n mandaat om onderhandelinge met Europese vennote aan te gaan en ten sterkste ontken dat hy bystand by Rusland sal vra. “Ons is in ’n gevorderde stadium van onderhandelings met ons vennote in Europa en ander wat
Mercedes-AMG GT
Die nuwe Mercedes-AMG GT is reeds in die VSA vrygestel, maar Suid-Afrikaanse motoriste sal nog ‘n paar maande vir dié gesogte sportmotor moet wag. Die pryse sal na verwagting só lyk: Mercedes-AMG GT – R1 980 000 Mercedes-AMG GT S – R2 260 000 Mercedes-AMG GT S Edition 1 – R2 500 000 Klik op
Swapo sal De Kock verwelkom
Eugene de Kock (66) het glo by meer as een geleentheid met “redelike hoë vlak” Swapo-afvaardigings in die Sentrale Gevangenis in Pretoria vergader. Swapo het aangebied dat De Kock na Namibië terugkeer en homself in die land vestig. Dr. Piet Croucamp, oud-Namibiër en dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg, het aan die
