Franse ‘komedie’ kom tot ‘n einde

Alhoewel die PS, die Franse Sosialistiese Party, effens beter gedoen het as wat verwag is in die naweek se parlementêre verkiesings, gaan die Party gebuk onder ‘n leierskapskrisis nadat Ségolène Royal teenoor Sarkozy verloor het in haar stryd om as die eerste vroulike president van Frankryk te aangewys te word.

In Royal se pasverskene boek "Les coulisses d’une défaite" [Agter die skerms van ‘n nederlaag] kondig sy aan wat die Franse pers nou al ‘n geruime tyd oor gons: Sy en haar metgesel, die leier van die PS, François Hollande, se paaie gaan skei.

“Ek het Francois Hollande gevra om die huis te verlaat en sy nuwe verhouding, nou oral in boeke en koerante uitgestal, elders te gaan uitleef en ek wens hom alle geluk daarmee toe,” verklaar Royal in haar boek. Die twee was nooit getroud nie.

Royal stel belang om die leisels van Hollande, met wie sy die afgelope 30 jaar saamgewoon het en vier kinders by het, oor te neem. Hollande het voor die eerste rondte reeds aangedui dat hy nie die moeder van sy kinders na die Elysées Paleis sal vergesel indien sy verkies word nie.

Sy staan waarskynlik ‘n goeie kans om wel as leier van haar Party aangewys te word ten spyte van groot onmin wat in Sosialistiese geledere heers. Haar onlangse toenadering tot die sentristiese Francois Bayrou het vir skerp kritiek uit die linkervleuel van die Party gesorg.

Indien sy wen sal sy vinnig met ‘n nuwe visie vir die Sosialiste vorendag moet kom. Nie dat sy veel te vrees het van ander aanspraakmakers uit eie kring in daardie opsig nie. Die geslag wat bekend staan as “Mitterand se kinders” is tans arm aan idees en planne om die PS in ‘n wenkoers te stuur.

Le Monde het verlig in ‘n hoofartikel gereageer dat die aankondiging uiteindelik gemaak is en die versuurde verhouding as ‘n “Vaudeville” komedie beskryf. Royal het tydens die verkiesingsveldtog volgehou dat hulle nog saam woon en geskerts dat Hollande nie haar aanbod van ‘n “romantiese” huwelik in Tahiti wou aanvaar nie.

Die paartjie het in 1978 ontmoet en het saam by die roemryke instelling waar Franse leiers opgelei word, ENA (Skool vir Nasionale Administrasie), gestudeer. Die nuwe Franse president was ook voor die verkiesing in die nuus nadat sy vrou Cécilia hom kortstondig verlaat het vir ‘n Amerikaner.

расчет гидроаккумулятораФильчаков прокурор отзывы

Vroue m??t baat by grondhervorming

Image

Lulu Xingwana

Minister Lulu Xingwana het Dinsdag grond ter waarde van R1 miljard aan vier gemeenskappe in Mpumalanga oorhandig. Tydens die seremonie het sy gesê dat vroue moet baat vind by grondhervorming. Sy het altesaam 32 hektaar grond oorhandig aan die gemeenskappe van Lugedlane, Siboshwa, Hhoyi and Mbambiso wat in 1954 onteien is.

“Ons loof die vier stamhoofde en die gemeenskap wat ’n eis ingedien het om hulle grond terug te kry,“ het sy gesê. Sy het verder benadruk dat alhoewel die grond teen markverwante pryse teruggekoop is, die regering nie sal huiwer om grond te onteien as die regering en spesifieke grondeienaars nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Daar sal onder geen omstandighede vir langer as ses maande meer met eienaars onderhandel word nie.

 

Volgens Xingwana is daar 5 279 grondeise uitstaande en sommige sal nie teen 2008 (president Mbeki se sperdatum) afgehandel wees nie.

casino games 21Фильчаков Харьков

Kom bel? in die paradys

Image

Joseph Kabila

President Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het Vrydag ’n groep Suid-Afrikaanse sakemanne toegespreek en ’n rooskleurige prentjie van sy land aan hulle voorgehou.

Hy het toegegee dat veiligheid nog ’n probleem in die ooste van die land is, maar het gesê die probleem word aangespreek. “Wanneer die besigheidsgemeenskap van Suid-Afrika en elders na die DRK kom, gaan julle nie ’n klomp rewolusiestokers ontmoet nie, nee, julle gaan wettige, demokratiese instellings ontmoet,” het hy aan die Suid-Afrikaanse-DRK-forum gesê. “Politieke risiko’s bestaan nie meer nie.” Hy het die versekering gegee dat staatsinstansies stabiel en demokraties gaan bly “vir ’n baie lang tyd.” Volgens hom sal niemand aan die grondwet peuter ten einde ’n derde of vierde mandaat te bekom nie. “Die DRK is ’n veranderde land. Die DRK is reg om u te ontvang. Kom en belê … die geleenthede is daar.“

“Die klein probleempies wat ons het, is min of meer stroompies in vergelyking met die riviere wat ons oorgesteek het,” het die Kongolese president sy gehoor ingelig. President Thabo Mbeki het by hom aangesluit en gesê die DRK verteenwoordig “’n goeie besigheidsgeleentheid.“

Sowat vier miljoen mense is die afgelope paar jaar in die DRK dood tydens die konflik wat die land geteister het. Tans is daar sowat 2 000 Suid-Afrikaanse soldate wat in die Verenigde Nasies se vredesmag van 17 600 man dien. In die ooste van die land swaai 10 000 Rwandese Hutu’s nog die septer. Jean-Pierre Bemba, Kabila se belangrikste politieke mededinger, verkeer tans in ballingskap in Portugal. Hy het op 11 April die DRK verlaat ná hewige gevegte tussen sy ondersteuners en regeringstroepe en nadat hy drie weke lank in die Suid-Afrikaanse ambassade geskuil het.

casino sign upДанильченко Юрий Брониславович компромат

Gaping tussen internetgebruikers groei

Een uit elke vyf mense in die wêreld het ‘n hoëspoedinternetverbinding maar die gaping tussen diegene wat dit het en die res, groei. Internetvideo-uitsendings en maatskaplike netwerke het ook dramaties toegeneem danksy die 300 miljoen hoëspoedinternetgebruikers.

Die sukses wat YouTube behaal het is alombekend, ook in Suid-Afrika. Duisende ure se film is al op die net vasgelê oor enige onderwerp onder die son. Al is meer as ‘n miljard mense aanlyn waarvan ‘n derde snelgroeiende toegang tot vinnige verbindings het, is dit nie ‘n uitgemaakte saak dat die internet die oorblywende byna ses miljard mense ook gaan bereik nie.

Die digitale wêreld is ‘n verdeelde een. Terwyl daar baie hoë penetrasievlakke vir breëbandverbindings in Europa, Noord-Amerika en hoë-tegnologie ekonomieë soos dié van Suid-Korea is, bly Afrika, soos heelwat ontwikkelende lande, agter. Daar is dikwels in ontwikkelende lande nie eers ‘n telefoondiens nie, dus is internettoegang nie ‘n opsie nie.

Die VSA bly steeds die voorloper in breëbandgebruik met 60 miljoen intekenare vanjaar. In die tweede plek is China met 56 miljoen. ‘n Jaar gelede was dit egter 41 miljoen gebruikers en na wat verwag word sal hulle Amerika teen die einde van die jaar verbysteek om die grootste breëband mark ter wêreld te word.

China het skielik momentum gekry, sê marknavorsers. Meer mense het in die eerste drie maande van 2007 as breëbandinternetgebruikers aangeteken as in enige ander eerste kwartaal. Die toeloop word deur ekonomiese veranderinge en nuwe regeringsriglyne verklaar.

China se groeiende middelklas beskou ‘n breëbandverbinding as ‘n statussimbool. Die Chinese regering wil andersyds graag die platteland toerus met rekenaartoegang en is besig met grootskaalse projekte om dit te realiseer.

Natuurlik help die voorbereidings vir die Olimpiese Spele wat aanstaande jaar in Beijing gehou gaan word ook om die belangstelling gaande te hou . Die regering het intussen afgekondig dat elke huishouding in Beijing oor ‘n hoëspoedverbinding moet beskik wanneer die Spele afskop.

Japan is nommer drie op die ranglys met 26,5 miljoen gebruikers. Daarna volg Duitsland met 16 miljoen en dan Frankryk met 15,3 miljoen. Frankryk het ‘n paar lande soos Suid-Korea in die breëbandresies verbygesteek met ‘n fenomenale 9% toename. Suid-Korea het tans 14,1 miljoen gebruikers in die vyfde plek.

In die sesde plek is Brittanje wat danksy die hewige kompetisie tussen Sky en sogenaamde "gratis" breëband verskaffers soos TalkTalk ‘n groei van 6,4% in die mark gesien het. Wat die persentasie van huishoudings betref is daar egter net 55% wat van ‘n hoëspoedverbinding gebruik maak en in daardie opsig is die VK besig om terug te gly na die sewentiende plek.

In Suid-Korea is byna 90% van alle huishoudings met ‘n breëbandverbinding toegerus. Ook in Hong Kong, Monaco en Macau waar die bevolkingsdigtheid asook verdienste hoog is. In die VSA is dit net onder 53%, in die vier-en-twintigste plek. In China staan die persentasie op 14,35% en in Indië op 1,15%. Indië het ‘n geraamde 200 miljoen huishoudings.

Oos-Europa suig steeds aan die agterspeen in Europa, maar het nogtans groeipotensiaal getoon. Veral in lande wat onlangs by die EU aangesluit het was belangstelling effens groter. Kroasië het ‘n ongelooflike toename van 25% gewys! Ook Griekeland en Indonesië het gegroei, maar penetrasievlakke bly laag.

Heel agter in die ry staan Afrika. Net Suid-Afrika, Soedan, Senegal en Gaboen het die lys gehaal. Die meeste nie-Arabiese lande het nie eens geregistreer nie. Suid-Afrika het 215 000 huishoudelike breëbandgebruikers en Soedan het 3000. In Noord-Afrika lyk dit effens beter met Marokko wat 418 000 gebruikers geregistreer het en Egipte 240 000.

shop games freeАлександр Фильчаков Васильевич

Afrikaleiers vol vertroue

Image

Joseph Kabila

Joseph Kabila, die 36-jarige staatshoof van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), is gister met sy aankoms by die parlement in Kaapstad met ’n rooi tapyt en geweersaluut begroet. Daarna is hy na Tuynhuis geneem vir samesprekings met president Thabo Mbeki.

Ná die bilaterale samesprekings het Kabila die parlement (in Frans) toegespreek. Hy is van mening dat Suid-Afrika en die DRK ekonomiese groei in Afrika kan aanvuur. Hy het ’n beroep op verbeterde samewerking tussen die twee lande gedoen. Daarna het hy verduidelik dat sy regering tans probeer om aan verskeie sake in die DRK aandag te gee: die landbousektor, mynwese en die bou van paaie, hawens en lughawens.

Sowat vier miljoen mense het die afgelope paar jaar in die konflikgeteisterde land die lewe gelaat.

Vandag sal Kabila en Mbeki deelneem aan die DRK-Sakeforum voordat Kabila na die Noordwes-provinisie vertrek vir ’n kort besoek.

Intussen het Moammar Khaddafi en Robert Mugabe Woensdag in Tripoli vergader en ooreengekom dat die Afrika-unie met sy 53 state in ’n federale regering omskep moet word wanneer Afrika-staatshoofde van 1-2 Julie in Akkra, Ghana, vergader.

Khaddafi is lankal ’n ondersteuner van die skepping van ’n Verenigde State van Afrika-konsep, wat volgens hom Afrika se 800 miljoen inwoners in staat sal stel om van “Westerse kolonialisme” ontslae te raak. Die vergadering in Ghana sal 50 jaar ná Ghana die eerste Afrika-staat geword het om onafhanklikheid te verwerf, plaasvind en is dus van simboliese belang.

Die twee leiers wou nie sê watter ander onderwerpe tydens die gesprek gedek is nie. Dit is egter bekend dat Zimbabwe petrol van Libië ontvang het, ingevolge ’n lening van 360 miljoen Amerikaanse dollar. Zimbabwe sou dan deel van die lening terugbetaal deur landbouprodukte aan Libië te lewer, maar die ooreenkoms het in 2002 platgeval aangesien Zimbabwe nie sy deel van die ooreenkoms kon nakom nie. Zimbabwe se inflasiekoers staan tans op 3 700%, die werkloosheidsyfer op 80% en daar is ’n chroniese tekort aan voedsel en petrol.

станции италияФильчаков прокурор отзывы

Afrika raak al meer agter

Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se konferensie oor Afrika het gisteroggend in Kaapstad afgeskop, te midde van waarskuwings dat Afrika se ontoereikende groeikoers die vasteland al verder laat agter raak teenoor die res van die planeet. Sowat 700 politici en sakeleiers woon die konferensie by.

Daar word verwag dat die 2007-groeikoers vir Afrika 6.2% gaan wees, volgens ’n verslag wat gesamentlik deur die WEF, Wêreldbank en Afrika-ontwikkelingsbank opgestel is. Die groei is hoofsaaklik toe te skryf aan eksterne faktore soos hoë kommoditeitspryse, skuldafskrywing en ’n gunstige internasionale ekonomiese klimaat.

Afrika se groei hou egter nie tred met wat elders gebeur nie. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds het die Chinese ekonomie verlede jaar met 10% gegroei, Indië met 8.4% en Rusland met 6.4%.  Ten einde teen 2015 die vasteland se armoedevlak te halveer, sal ’n volgehoue jaarlikse groeikoers van 7% noodsaaklik wees vir Afrika.

John Page, hoofekonoom van die Wêreldbank, meen dit is nie waar dat Afrika nie kan meeding met die res van die wêreld nie. Hy dink daar is “wêreldklas firmas in al die Afrika-lande” en dat Afrika bloot beter beleid en instellings nodig het, asook beleggings in infrastruktuur en menslike hulpbronne.

Beide Thabo Mbeki van Suid-Afrika en Abdoulaye Wade van Senegal het gister beklemtoon dat daar nie na Afrika gekyk moet word as ’n vasteland van “korrupsie en siekte“ nie. Tokyo Sexwale meen daar is rede vir optimisme en dat Afrika se sukses “gevier“ behoort te word. Hy het sy toespraak gelewer teen die agtergrond van dreunsang deur Cosatu-werkers wat buite die Internasionale Konferensiesentrum in Kaapstad gestaak het.to beatпрокурор Фильчаков

Huurarbeiders se grondregte

Image

Dikgang Moseneke

Die konstitusionele hof het vir die eerste keer besluit dat individue se rassistiese praktyke, met betrekking tot die verwydering van gekleurde persone van grond, ’n geldige grondeis tot gevolg kan hê. Dit bring mee dat nie net rassistiese wette van die ou regering bewys moet word voordat gemeenskappe grond kan terugeis nie.

Verlede week is uitspraak gelewer ten gunste van ’n groep huurarbeiders (bekend as die Popela-gemeenskap). Hulle het op die plaas Boomplaas in die Moketsi-distrik in die Limpopo-provinsie gebly toe die eienaar in 1969 hulle dienste as huurarbeiders gestaak het. Die wet wat die stelsel van huurarbeiders op plase verbied, is eers in 1970 aanvaar. Dit is hoekom die Popela-groep se grondeis op Boomplaas, wat nou ’n suksesvolle vrugteplaas is genaamd Goedgelegen Tropical Fruit, in die grondeisehof en ook die appèlhof misluk het. Die howe het naamlik besluit dat die gemeenskap nie deur ’n rassistiese regeringswet verjaag is nie, maar deur ’n individu.

Die konstitusionele hof het egter nou in hulle guns beslis. Die gemeenskap het die keuse om die grond terug te eis of ten volle vergoed te word. Adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het die uitspraak gelewer.

Die Popela-groep het die hof gevra om die grond waar hulle huise was, asook die onmiddellike omgewing en die area wat hulle gebruik het vir weiding en ploegdoeleindes, aan hulle terug te gee.

Moseneke het daarop gewys dat dit hier nie net gaan oor ekonomiese regte om ’n stuk land te kan beploeg en te laat bewei nie, maar dat hierdie mense ook reg op die land gehad het omdat hulle kinders daar gebore is en bejaardes daar begrawe is.

Indien geen ooreenkoms deur die eienaars van Goedgelegen en die Popela-groep bereik kan word nie, sal die saak na die grondeisehof terugverwys word.

Sondagaand het die inwoners hulle vreugde oor die konstitusionele hof se besluit te kenne gegee op SABC 2 se televisienuus. “Nou kan ons heeldag ploeg en die bokke hierheen bring,” het ’n tandelose bejaarde opgemerk.

автоматическое зарядное устройствоtopcargo развод

Bloeddorstigheid in Kenia

Image

Keniaanse polisie in Mathare

Gister is een persoon net buite die Ambassadeur-hotel in Nairobi dood tydens ’n handgranaataanval. Ses persone is ernstig beseer. Die granaat het skynbaar ontplof toe ’n onbekende man in ’n bus net buite die hotel wou klim.

Hierdie aanval volg op weke van geweld in Nairobi, veroorsaak deur ’n misterieuse sekte/bende genaamd die Mungiki. Die Keniaanse polisie het verlede week op hulle bastion in Mathare, ’n krotbuurt net buite die Keniaanse hoofstad, toegeslaan. 30 Mense is deur die polisie doodgeskiet en honderde het gevlug. Vir die eerste keer het die meeste Westerlinge van hierdie eienaardige bende gehoor.

In Kikuyu beteken mungiki “verenigde mense.” Hierdie vreemde sekte het in die tagtigerjare die lig gesien en is in 2002 verban. Nie veel is oor die groep bekend nie, maar hulle staan ’n terugkeer na Afrika-tradisies voor en is gekant teen die Westerse beskawing. Hulle beskou hulleself as opvolgers van die Mau Mau-rebelle van die vyftigerjare wat teen Britse kolonialisme in opstand gekom het. Mungiki-lede verwerp ook die Christendom en forseer jong meisies om besny te word. In Mathare word inwoners gedwing om maandelikse bydraes aan die bende te maak en selfs openbare toilette word deur lede van die bende beman en geld geëis voor mense mag binnegaan. Bendelede verskaf ook onwettige water- en kragkonneksies aan inwoners. Volgens onbevestigde berigte is daar parlementslede in die Keniaanse regering wat bande met die bende het. Die leiers van die Mungiki beweer dat hulle ook ondersteuners in skole en die weermag het en spog dat hulle oor nagenoeg twee miljoen lede beskik.

Mungiki-lede het reeds in Mei vanjaar begin amok maak toe hulle mense onthoof het wat blykbaar inligting oor die groep aan die polisie deurgegee het. In Junie het hulle begin om matatu-bestuurders (bestuurders van minibus-taxis) in Nairobi te martel, dan te onthoof en hulle liggame in stukke op te kap. Die bestuurders het naamlik geweier om beskermingsfooie aan Mungiki te betaal. Dit is hierdie vlaag moorde wat tot die onlangse polisie-optrede in Mathare gelei het. Die groep is skynbaar daarop uit om die verkiesing van Desember vanjaar te ontwrig.

promosлобановский александр отзывы

‘n Nuwe stam ontdek

Image

Nuwe aankomelinge

Verlede week is 88 lede van ’n onbekende stam ontdek in die suide van die Brasiliaanse staat Para. Hulle het nog nooit kontak met Westerlinge gehad nie.

Die groepie Indiane het eenvoudig uit die Amasone-oerwoud verskyn en kamp opgeslaan naby die dorpie Kapot, waar ’n vrou van die groep geboorte geskenk het. Daar word gereken dat die groep vyf dae lank deur die oerwoud geloop het vanaf Matto Grosso, ’n ander staat verder suid. Niemand weet regtig hoekom hierdie stamlede hulle dorpie verlaat het nie, maar volgens ’n woordvoerder van Survival International het hulle waarskynlik op die vlug geslaan toe hulle delwers en houtkappers gewaar het.

Die dorpie Kapot het dadelik sy deure vir die nuwe aankomelinge gesluit, want ervaring het gewys dat sulke geïsoleerde stamme gewoonlik geen immuniteit het teen selfs banale siektes soos verkoue en maagprobleme nie.

Daar word gereken dat daar sowat 40 sulke geïsoleerde stamme in die Amasone-oerwoud leef. Daar is ongeveer 700 000 Indiane, wat in 220 subgroepe verdeel is. In 1500, met die aankoms van die Portugese, was daar meer as 5 miljoen Indiane in Brasilië.

Survival International is ’n nie-regeringsorganisasie wat hom beywer vir etniese groepe (waaronder die San) en hulle regte. Die organisasie het reeds onderneem om ’n internasionale veldtog te voer om mense bedag te maak op groepe soos die Indiane. Hulle meen dat daar oor die 100 etniese groepe wêreldwyd is wat in isolasie leef.

обмануть детектор лжи советыалександр лобановский супермаркет класс

Bush voel olik

George W. Bush moes Vrydag in sy suite van die luukse Kampinski-hotel in Heiligendamm bly en die oggendverrigtinge by die G-8 Spitsberaad uitsit vanweë ‘n maagaandoening. Sarkozy het die Amerikaanse president nogtans gaan besoek vir ‘n kort onderhoud en hy het daarna gesê Bush lyk ‘n bietjie olik.

Bush het later wel by die groep aangesluit, maar het nog nie wel gevoel nie. Withuis-woordvoerder, Dan Bartlett, het bevestig dat die president met opstaantyd "nie lekker gevoel" het nie en dat medici nie weet of die oorsaak ‘n maagvirus is of nie.

 
Bush se gewildheid is besig om verder tuis te daal. Net sewe uit elke tien Republikeine ondersteun hom en ‘n skamele 8% uit die Demokrate se kamp het enige vertroue in sy leierskap blyk dit uit die jongste meningspeilings.

Oor die redes wat aanleiding gegee het tot Bush se ongesteldheid is breed gespekuleer. Volgens sommige berigte is Bush, ‘n geheelonthouer, die vorige aand met ‘n bier in die hand opgemerk. Sy woordvoerder het egter benadruk dat dit ‘n alkoholvrye bier was.

Dan is daar die ooreenkoms met sy vader wat in Japan, in Januarie 1992, tydens ‘n staatsbanket aan huis van die Japannese Eerste Minister Kiichi Miyazawa, flou neergeval het. Die ongelukkige voorval is op Japannese TV gebeeldsaai. Sy seun wou glo ‘n soortgelyke situasie vermy deur Vrydagoggend nie deel te neem nie.

‘n Paar dae voor die Spitsberaad het die Duitse media berig oor wat te ete aangebied sal word. Die Chef, Tillmann Hahn wou nie uitwei oor die keuses nie, behalwe om te sê dat dit egte Duitse disse sal wees, geen à la carte aanbieding nie en dat Angela Merkel persoonlik sal besluit oor die finale spyskaart.

 
Hahn het reeds ‘n Michelin-ster, ‘n kenteken van Franse kookuitmuntendheid, losgeslaan. In sy onderhoud met die Mainpost het hy skertsend bevestig dat daar geen veiligheidspersoneel sal wees om disse vooraf te proe nie, alhoewel hulle al ‘n draai in die kombuis kom maak het by ‘n vorige besoek van Bush.
Onder die opskrif "Kein Gift im Essen" [Geen gif in die kos nie] het hy gesê dat hy en sy 40 personeellede ‘n vrye hand in die kombuis gehad het en nie deur enige iemand lastig geval is wat ‘n lepel in die kospotte wou druk nie.

Hahn het ook in Hong Kong gewerk. Hy is met ‘n Thaise vrou getroud. Hy is sedert 2003 werksaam as Hoofchef by die Kampinski-hotel.

 
Bush sal na afloop van die Beraad Pole en Italië besoek.
 

excalibur casino gamesДанильченко Юрий Харьков