‘n Nuwe stam ontdek

Image

Nuwe aankomelinge

Verlede week is 88 lede van ’n onbekende stam ontdek in die suide van die Brasiliaanse staat Para. Hulle het nog nooit kontak met Westerlinge gehad nie.

Die groepie Indiane het eenvoudig uit die Amasone-oerwoud verskyn en kamp opgeslaan naby die dorpie Kapot, waar ’n vrou van die groep geboorte geskenk het. Daar word gereken dat die groep vyf dae lank deur die oerwoud geloop het vanaf Matto Grosso, ’n ander staat verder suid. Niemand weet regtig hoekom hierdie stamlede hulle dorpie verlaat het nie, maar volgens ’n woordvoerder van Survival International het hulle waarskynlik op die vlug geslaan toe hulle delwers en houtkappers gewaar het.

Die dorpie Kapot het dadelik sy deure vir die nuwe aankomelinge gesluit, want ervaring het gewys dat sulke geïsoleerde stamme gewoonlik geen immuniteit het teen selfs banale siektes soos verkoue en maagprobleme nie.

Daar word gereken dat daar sowat 40 sulke geïsoleerde stamme in die Amasone-oerwoud leef. Daar is ongeveer 700 000 Indiane, wat in 220 subgroepe verdeel is. In 1500, met die aankoms van die Portugese, was daar meer as 5 miljoen Indiane in Brasilië.

Survival International is ’n nie-regeringsorganisasie wat hom beywer vir etniese groepe (waaronder die San) en hulle regte. Die organisasie het reeds onderneem om ’n internasionale veldtog te voer om mense bedag te maak op groepe soos die Indiane. Hulle meen dat daar oor die 100 etniese groepe wêreldwyd is wat in isolasie leef.

обмануть детектор лжи советыалександр лобановский супермаркет класс