Bush voel olik

George W. Bush moes Vrydag in sy suite van die luukse Kampinski-hotel in Heiligendamm bly en die oggendverrigtinge by die G-8 Spitsberaad uitsit vanweë ‘n maagaandoening. Sarkozy het die Amerikaanse president nogtans gaan besoek vir ‘n kort onderhoud en hy het daarna gesê Bush lyk ‘n bietjie olik.

Bush het later wel by die groep aangesluit, maar het nog nie wel gevoel nie. Withuis-woordvoerder, Dan Bartlett, het bevestig dat die president met opstaantyd "nie lekker gevoel" het nie en dat medici nie weet of die oorsaak ‘n maagvirus is of nie.

 
Bush se gewildheid is besig om verder tuis te daal. Net sewe uit elke tien Republikeine ondersteun hom en ‘n skamele 8% uit die Demokrate se kamp het enige vertroue in sy leierskap blyk dit uit die jongste meningspeilings.

Oor die redes wat aanleiding gegee het tot Bush se ongesteldheid is breed gespekuleer. Volgens sommige berigte is Bush, ‘n geheelonthouer, die vorige aand met ‘n bier in die hand opgemerk. Sy woordvoerder het egter benadruk dat dit ‘n alkoholvrye bier was.

Dan is daar die ooreenkoms met sy vader wat in Japan, in Januarie 1992, tydens ‘n staatsbanket aan huis van die Japannese Eerste Minister Kiichi Miyazawa, flou neergeval het. Die ongelukkige voorval is op Japannese TV gebeeldsaai. Sy seun wou glo ‘n soortgelyke situasie vermy deur Vrydagoggend nie deel te neem nie.

‘n Paar dae voor die Spitsberaad het die Duitse media berig oor wat te ete aangebied sal word. Die Chef, Tillmann Hahn wou nie uitwei oor die keuses nie, behalwe om te sê dat dit egte Duitse disse sal wees, geen à la carte aanbieding nie en dat Angela Merkel persoonlik sal besluit oor die finale spyskaart.

 
Hahn het reeds ‘n Michelin-ster, ‘n kenteken van Franse kookuitmuntendheid, losgeslaan. In sy onderhoud met die Mainpost het hy skertsend bevestig dat daar geen veiligheidspersoneel sal wees om disse vooraf te proe nie, alhoewel hulle al ‘n draai in die kombuis kom maak het by ‘n vorige besoek van Bush.
Onder die opskrif "Kein Gift im Essen" [Geen gif in die kos nie] het hy gesê dat hy en sy 40 personeellede ‘n vrye hand in die kombuis gehad het en nie deur enige iemand lastig geval is wat ‘n lepel in die kospotte wou druk nie.

Hahn het ook in Hong Kong gewerk. Hy is met ‘n Thaise vrou getroud. Hy is sedert 2003 werksaam as Hoofchef by die Kampinski-hotel.

 
Bush sal na afloop van die Beraad Pole en Italië besoek.
 

excalibur casino gamesДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae