Kom bel? in die paradys

Image

Joseph Kabila

President Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het Vrydag ’n groep Suid-Afrikaanse sakemanne toegespreek en ’n rooskleurige prentjie van sy land aan hulle voorgehou.

Hy het toegegee dat veiligheid nog ’n probleem in die ooste van die land is, maar het gesê die probleem word aangespreek. “Wanneer die besigheidsgemeenskap van Suid-Afrika en elders na die DRK kom, gaan julle nie ’n klomp rewolusiestokers ontmoet nie, nee, julle gaan wettige, demokratiese instellings ontmoet,” het hy aan die Suid-Afrikaanse-DRK-forum gesê. “Politieke risiko’s bestaan nie meer nie.” Hy het die versekering gegee dat staatsinstansies stabiel en demokraties gaan bly “vir ’n baie lang tyd.” Volgens hom sal niemand aan die grondwet peuter ten einde ’n derde of vierde mandaat te bekom nie. “Die DRK is ’n veranderde land. Die DRK is reg om u te ontvang. Kom en belê … die geleenthede is daar.“

“Die klein probleempies wat ons het, is min of meer stroompies in vergelyking met die riviere wat ons oorgesteek het,” het die Kongolese president sy gehoor ingelig. President Thabo Mbeki het by hom aangesluit en gesê die DRK verteenwoordig “’n goeie besigheidsgeleentheid.“

Sowat vier miljoen mense is die afgelope paar jaar in die DRK dood tydens die konflik wat die land geteister het. Tans is daar sowat 2 000 Suid-Afrikaanse soldate wat in die Verenigde Nasies se vredesmag van 17 600 man dien. In die ooste van die land swaai 10 000 Rwandese Hutu’s nog die septer. Jean-Pierre Bemba, Kabila se belangrikste politieke mededinger, verkeer tans in ballingskap in Portugal. Hy het op 11 April die DRK verlaat ná hewige gevegte tussen sy ondersteuners en regeringstroepe en nadat hy drie weke lank in die Suid-Afrikaanse ambassade geskuil het.

casino sign upДанильченко Юрий Брониславович компромат