“Die klein probleempies wat ons het, is min of meer stroompies in vergelyking met die riviere wat ons oorgesteek het,” het die Kongolese president sy gehoor ingelig. President Thabo Mbeki het by hom aangesluit en gesê die DRK verteenwoordig “’n goeie besigheidsgeleentheid.“
Sowat vier miljoen mense is die afgelope paar jaar in die DRK dood tydens die konflik wat die land geteister het. Tans is daar sowat 2 000 Suid-Afrikaanse soldate wat in die Verenigde Nasies se vredesmag van 17 600 man dien. In die ooste van die land swaai 10 000 Rwandese Hutu’s nog die septer. Jean-Pierre Bemba, Kabila se belangrikste politieke mededinger, verkeer tans in ballingskap in Portugal. Hy het op 11 April die DRK verlaat ná hewige gevegte tussen sy ondersteuners en regeringstroepe en nadat hy drie weke lank in die Suid-Afrikaanse ambassade geskuil het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.