игры девочкамФильчаков Александр Васильевич
Chinese misdaadteikens in SA
'n Chinese burger, Tang Yiguang, 33, is verlede Sondagoggend doodgeskiet deur gewapende rowers in sy winkel in Vryheid, Kwa-Zoeloe Natal. Die voorval het by die Chinese ambassade geregistreer en hulle werk tans nou saam met die ondersoekspan. Die ambassade het ook gewaarsku dat Chinese sakemense toenemend as misdaadteikens beskou word in Suid-Afrika. Lou Xiandi, veiligheidsraadgewer
Hoofregter se benoeming dalk slim politieke skuif
Regter Sandile Ngcobo (56), wat gister benoem is as nuwe hoofregter, gaan oor minder as twee jaar aftree. Regters moet ingevolge die Grondwet ná 12 jaar diens aftree. Hlophe, die omstrede regter-president van die Wes-Kaapse hooggeregshof, is dus nog steeds in die resies om as hoofregter benoem te word in opvolging van Ncobo. Hlope is
Lees verder: Hoofregter se benoeming dalk slim politieke skuif
Scholtz is onkrities teenoor VSA
Leopoldt Scholtz se klakkelose en onkritiese aanbidding van die VSA is soms net een te veel. In Beeld van 20 Mei 2009 maak hy weer so.. In sy rubriek oor die aanstelling van lt.genl. Stanley McChrystal as opperbevelhebber van die Amerikaanse magte in Afganistan, laat Scholtz na om die werklike agtergrond van die man te
Hillary Clinton kom in SA aan
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gister in Suid-Afrika aangekom op die tweede been van haar besoek aan sewe lande in Afrika.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gister in Suid-Afrika aangekom op die tweede been van haar besoek aan sewe lande in Afrika.
‘VSA kan oor twee jaar misluk in Afghanistan’
David Kilcullen, 'n teeninsurgensiekenner, wat as een van generaal Stanley McChrystal se topadviseurs oor Afghanistan dien, is uiters krities oor die hantering van die oorlog. Hy het Donderdag by die U.S. Institute of Peace kritiek gelewer oor die manier waarop die VSA die oorlog benader. In 'n verslag wat opgestel is om die stand van
Post-joernaliste in die sop oor video van Clinton
Twee joernaliste van die Washington Post is in die sop nadat hulle satiriese internetvideoreeks draak gesteek het met Hillary Clinton. Die uitvoerende redakteur Marcus Brauchli het die reeks, bekend as die "Mouthpiece Theater" Woensdag tot niet verklaar en die laaste gewraakte episode Vrydag van die koerant se werf verwyder. In die video is 'n Withuiskorrespondent
Lees verder: Post-joernaliste in die sop oor video van Clinton
Dis ‘n hondelewe!
wedding jewelryФільчаков прокурор
Murdoch waag yslike kans om gratis nuus te sluit
Rupert Murdoch, 78, gaan 'n kans waag en lesers binnekort, binne die volgende finansiële jaar, vir sy internetnuus laat betaal. Hy het gesê News Corp, sy multimiljardrand mediaryk, gaan oral ter wêreld ophou om gratis nuus op nuuswerwe aan te bied. Die internetnuusmodel werk nie en is besig om gedrukte koerante, wat op die tadisionele
Lees verder: Murdoch waag yslike kans om gratis nuus te sluit
Nog geen varkgriep by Kovsies aangemeld nie
Daar is nog geen gevalle van varkgriep, die H1N1-virus, by die Universiteit van die Vrystaat aangemeld nie, het 'n gesondheidswoordvoerder van die instelling bekend gemaak. Dié griep het reeds ’n tweede slagoffer in Suid-Afrika geëis. Wes-Kaapse skole is tans net half vol, nadat vrees vir die siekte onder leerders posgevat het, en talle aktiwiteite is
