Eugene de Kock
Die veroordeelde Vlakplaasmoordenaar, Eugene de Kock, het vanuit die gevangenis ’n aanval op oud-president De Klerk geloods en hom daarvan beskuldig dat hy in 1993 optrede teen ’n vermeende terreurbende in Umtata gemagtig het waarin twee kinders van twaalf jaar oud, Mzwandile Mfeya en Sandiso Yose, gesterf het.
Hierdie inligting is afkomstig uit getuienis wat die vorige hoof van die SAW, Generaal Georg Meiring, voor die Waarheids- en versoeningskommissie gelewer het.
In ’n voorbladberig in vandag se Sunday Times word De Klerk ook daarvan beskuldig dat hy vergaderings van die destydse Staatsveiligheidsraad bygewoon het waarin die volgende kwessies ter sprake was:
- die stigting van ’n sogenaamde “Derde Mag”;
- hoe om ’n lys van “polities sensitiewe persone” korter te maak;
- hulp aan die Inkathavryheidsparty om ’n “paramilitêre mag” daar te stel.

Lees verder: Eugene de Kock draai teen De Klerk