Prime Hensopper en sy warmplaatwals

Image

‘Prime Hensopper’?

Ek sien ou Prime Evil (alias Eugene de Kock) will nou vir Prime Hensopper (alias FW de Klerk) betrek by Apartheidsmisdade uit hul prostituut-begraafde NP verlede . . .

Hiermee bietjie kommentaar op sommige aanhalings uit sy tranedal verweringe (”met ’n stem wat deurslaan van emosie”, volgens die Volksbladberig) in beide die BEELD en VOLKSBLAD oor hierdie jongste verwikkeling: 

1.       Hy reken dat hy nooit sy rug op sy voetsoldate sal draai nie So waarom het hy De Kock nie aangekeer reeds tydens die NP-bewind en hom aangekla van sy misdade as hy kwansuis buite regeringsbeleid opgetree het nie?! Indien De Kock wel binne beleid gewerk het, dan lieg FW mos nou, want De Kock krepeer jare reeds in die tronk !

2. “Ek was nooit deel van vergaderings, insluitend dié van die Staatsveiligheidsraad, waar besluite geneem is wat menseregtevergrype redelikerwys kon regverdig nie. Ek was nooit deel van ’n besluit wat sluipmoorde, koelbloedige moord, pogings tot moord of verkragting toegelaat het nie.”  Aldus, FW. Miskien was hy weliswaar nie deel van sulke vergaderings nie, maar dis moeilik om te glo dat hy as staatshoof nooit agterna ingelig was oor wat op sulke vergaderings besluit is nie! Indien hy nie ingelig was nie, waarom het hy nooit kommissies van ondersoek ingestel wanneer dit aan die lig gekom het dat politieke opponente spoorloos verdwyn of êrens dood opgeduik het nie?

3. De Klerk sê dat enige besluite wat geneem is wat tot menseregtevergrype kon lei, strydig was met alles waarvoor hy gestaan het. Maar om Afrikaners en Boere oor te lewer aan menseregtevergrype waar tienduisende van hulle reeds wreedaardig vermoor is sedert ’94, weeg ligter op FW se skaal en die beginsels waarvoor hy staan?!

4. “As hy weens menseregtevergrype uit die apartheidsera aangekla word, het Suid-Afrika nie meer ’n regstelsel waarin mense vertroue kan hê nie,” meen hy. Besef hy dit nou eers?   Die integriteit van die regstelsel is reeds tydens verskeie geleenthede in die verlede deur selfs regsgeleerdes bevraagteken – mor hy dalk oor hy moontlik die slagoffer kan word van een van die Frankenstein-simptome van sy ondeurdagte nalatenskap van ’92?

5. Hy sê: “Na afloop van die WVK se aktiwiteite was daar ’n toenemende neiging om wittes moreel tot tweedeklas-burgers te relegeer.” So waarteen dink hy het die NEE-stemmers van destyds gewaarsku?

Nee wat, dit lyk my die plaat word al hoe warmer sodat selfs die ou “ringnek”-katte pikante danspassies moet uithaal . . . Sy naïwiteit om te dink dat die rewolusie van regeringsverandering in ’94 nie nadraaie sou oplewer nie, slaan mens soms stom.    Buiten die “people” wat lustig dors vir sy en sy mede-apartheidbewindhebbers se bloed, staan daar ook ‘n beduidende deel van die Afrikanerdom verder agtertoe in die ry wat meen hy het hul verlede, hede en toekoms uitverkoop – besig om ook hul tande te slyp. . .

Om hierdie rede meen ek die lang arm van die gereg wat nou besig is om hom in te haal, wek by sommige Afrikaners simpatie, maar by ander geammuseerde lekkerkry.

баня #ИМЯ?лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae