Die minister van sekurtiteit, Albadé Abouba, het glo die uitsettingsbevel gegee, nadat daar bevind is dat Pin bande met Toeareg-rebelle se beweging, in Frans bekend as die MNJ, het. Daar is egter nog geen amptelike verklaring oor die aangeleentheid uitgereik nie.
Tans is daar Chinese en Kanadese maatskappye teenwoordig in dieselfde bedryf, alhoewel die Franse nog kort gelede as gunsteling aangedui is. Areva het ook onlangs bekend gemaak dat hulle ‘n miljard euro sal investeer in die Imouraren-myn. Desnieteenstaande lyk dit asof goeie verhoudinge nie meer as vanselfsprekend sal geld nie.
‘n Week gelede is ‘n "televisiedebat" uitgesaai waarin twee afgevaardigdes die lugtyd gebruik het om Areva, RFI en France24 aan te val. RFI (Radio France Internationale) se lugtyd op FM is ook afgesny. Libië, ‘n buurland, het daarna deurgeloop. Die uitsending het daartoe gelei dat duisende mense die volgende dag teen Areva en Libië gaan betoog het in Niamey.
Die rebelle het ondertussen Chinese maatskappye daarvan beskuldig dat hulle die weermag van Niger finansier en van toerusting voorsien. Hulle het selfs ‘n Chinese werknemer by een van die Chinese ondernemings ontvoer en ‘n week later weer vrygelaat, in protes daarteen.
