Skelm staatsamptenare moet geld teruggee

Image

Zola Skweyiya

Nagenoeg 6 000 staatsamptenare het reeds skulderkennnings geteken ten einde die R21 miljoen terug te betaal wat hulle die regering skuld. Hierdie geld is deur die amptenare gesteel in die vorm van welsynstoelaes wat hulle nie toekom nie.

Zola Skweyiya, minister van sosiale ontwikkeling, het gister in die parlement gesê hierdie geld sal oor ’n periode van vyf jaar terugbetaal moet word, teen 5,5% rente. 2 058 Staatsamptenare is reeds deur die hof skuldig bevind daaraan dat hulle toelaes geëis het waarop hulle nie geregtig was nie. Diegene wat verkies het om die geld aan die staat terug te gee, het ooreenkomste aangegaan en skulderkennnings geteken.

Die Demokratiese Alliansie het vroeër beswaar aangeteken toe dit bekend geword het dat die staat amptenare tot 30 jaar wou gee om die geld terug te betaal. Die reëling is toe deur die departement verander. Die grootste enkelbedrag wat tot dusver geskuld word, is R48 000 wat oor ’n periode van 59 maande deur ’n beampte in Kwazulu-Natal terugbetaal moet word. ’n Ander amptenaar in die Limpopo-provinsie het verkies om haar skuld in ’n lompsom van R25 000 terug te betaal. Dis nie bekend of sy dit al gedoen het nie.

Volgens Skweyiya is die Spesiale Ondersoekeenheid (ook bekend as die Kobras) tans besig met ’n ondersoek om vas te stel watter amptenare tot dusver by gebreke gebly het om hulle skuld te begin terug te betaal. Regstappe sal dan teen die betrokke individue gedoen word. Willie Hofmeyr, wat aan die hoof van die eenheid staan, meen dat die ondersoek uitgebrei moet word na mense wat nie noodwendig vir die staat werk nie. Tot 400 000 individue sal ondervra moet word. Die departement moes vanjaar ’n ekstra bedrag van 60 miljoen rand vir hierdie ondersoek opsy sit.

игрушки украинаДанильченко Юрий отзывы