Hongerstaking vir simpatie

Image

Pappa uitgesit… help!

Sowat 100 onwettige immigrante kampeer tans op die grasperk van die arbeidskantoor in Lille, in die noorde van Frankryk. Hulle is sedert 15 Junie besig met ’n hongerstaking om die aandag op hulle lot te vestig.

Abdulaï is 23 jaar oud en kom uit die Ivoorkus. Hy eet 20 suikerklontjies per dag, drink daagliks ’n  paar koppies tee asook drie liter water. ”As ek terugdink aan die Ivoorkus, kom daar probleme in my kop in,” vertel hy in gebroke Frans. Die immigrante het op 15 Junie op die hongerstaking besluit, téén die advies van die Komitee vir Onwettige Persone in Lille. Hulle hoop om sodoende simpatie te wek en om verblyfreg in Frankryk te bekom.

Volgens die prefek wat aan die hoof van die noordelike departement in Frankryk staan, Daniel Canépa, is daar maar tussen 5 en 10 stakers wat regtig honger ly. Hy het onderneem om hulle lêers ”dadelik te bestudeer.” Die plaaslike komitee wat immigrante bystaan, het vir hom ’n lys name gestuur van diegene wat hulle meen vinnig geïntegreer sal word en vir wie dit ”gevaarlik” sou wees om na hulle lande van oorsprong terug te keer. Mnr Canépa het onderneem om hulle volgende week persoonlik te woord te staan.

Hy het egter ontken dat die immigrante bang is dat hulle teruggestuur gaan word na Afrika, aangesien hulle braaf genoeg is om langs die vensters van sy kantoor te betoog. ”Net omdat sekere mense ons probeer afpers, beteken nie dat ons die wette van die republiek gaan verander nie,” het hy gesê.

Die immigrante weet egter dat vorige soortgelyke pogings die plaaslike bestuur in ’n staat van paniek gedompel het en daartoe gelei het dat alle betrokke immigrante terstond verblyfreg gekry het. Hulle hoop dus dat dit hierdie slag weer gaan werk.

гипсовые фигуры на стенуФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae