Bernie Sanders het met sy jongste reeks oorwinnings oor Hillary Clinton gewys dat hy besonder gewild is by kiesers. Die voorloper in die wedloop om afgevaardigdes is egter steeds Hillary. Sanders en Clinton wedywer in die Amerikaanse presidensiële verkiesingswedloop om as die Demokrate se kandidaat aangewys te word. Met sy oorwinning Saterdag in Wyoming het
Wêreldbank sê armoede in SA kan toeneem
Vir die eerste keer sedert 1994 is armoede in Suid-Afrika aan die toeneem, het die Wêreldbank gesê. Volgens die Wêreldbank het ekonomiese aktiwiteit in Sub-Sahara-Afrika in 2015 afgeneem, met BBP-groei van gemiddeld 3 persent, af van 4.5 persent in 2014. “Die 2016 groeivooruitsigte bly gedemp by 3,3 persent, ver onder die sterk groei van 6.8
Dodetal na Hindoetempel afbrand styg
Die dodetal in die reusebrand in ’n tempel in die suide van Indië het tot meer as 100 mense gestyg. Die polisie soek tans na 10 mense wat verbind word met die brand. Teen Sondag het die dodetal in ’n massiewe brand in ’n Hindu-tempel in die suide van Indië op 102 gestaan, met 280
‘EFF gereed om groot metrogebiede oor te neem’
Die EFF-parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi sê die party is gereed om metrogebiede soos Tshwane, Nelson Mandela-baai en Ethekwini oor te neem. Ndlozi het Sondag Sunnyside in Pretoria besoek en inwoners aangemoedig om te registreer om te stem, het RSG berig. Hy sê Suid-Afrikaners moet hulleself gereed maak vir verrassings in die plaaslike regeringsverkiesing op 3 Augustus.
Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante
Meer as 300 immigrante is vir beserings behandel nadat die polisie traangas, skokgranate en rubberkoeëls ingespan het om oproerige indringers terug te dryf van ‘n grensdraad. Die mediese hulporganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het bevestig dat meer as driehonderd migrante beseer is. Jeugdige migrante het die polisie met klippe bestook en wetstoepassers het op ‘n
Lees verder: Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante
Brussel-aanvallers wou Parys weer bom
Die terroriste wat verlede maand Brussel geteiken het, het aanvanklik beplan om ‘n tweede aanval op Frankryk te doen, het België se Federale Vervolgingsgesag gesê. Maar die groep was “verras deur die spoed van die vordering in die voortgesette ondersoek” en het besluit om ‘n aanval op die Belgiese hoofstad te loods, het die kantoor
Valke soek stropers wat witrenoster skiet
Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin ‘n witrenoster by Kimberley doodgeskiet is. Woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die witrenosterkoei is in die regterskouer geskiet. Volgens hom is haar ontbinde karkas verlede Vrydagoggend op ‘n plaas buite die stad gevind. Sy het nog albei haar horings gehad. Nkwalase sê dit wil voorkom of die
Neocon Nuland se witbroodjie moet bedank
Die eerste minister van die Oekraïne, Arseniy Yatsenyuk sê hy het besluit om te bedank oor wat hy bestempel het as ‘n kunsmatige politieke krisis in die land. Yatsenyuk het in Februarie net-net ‘n mosie van wantroue in die land se parlement oorleef, nadat die president, Petro Poroshenko ‘n beroep op hom gedoen het om
Beloning uitgereik na treinverwoesting in Kaapstad
Pendelaars in Kaapstad kan vanoggend lang vertragings verwag nadat treinwaens die naweek by die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek is. Die skade beloop miljoene rand. Volgens Metrorail se woordvoerder in die Wes-Kaap, Riana Scott, word vyf peronne geraak. Metrorail in die Wes-Kaap het vroeër ‘n beloning van R100 000 aangebied vir inligting wat kan lei
Lees verder: Beloning uitgereik na treinverwoesting in Kaapstad
Iran, Israel betrek by Nagorno-Karabach konflik
Die ministers van buitelandse sake van Rusland en Iran het gister aangesluit by gesprekke om ’n hernude oorlog tussen Azerbaidjan en Armenië oor Nagorno-Karabach te voorkom, terwyl albei kante in die konflik mekaar van skendings van die twee dae oue skietstilstand beskuldig. Die Russiese en Iranse buitelandse ministers het gister onderskeidelik met hul Armeense en
Lees verder: Iran, Israel betrek by Nagorno-Karabach konflik
