Verbruikers word weer hard getref deur die brandstofprys wat om middernag gestyg het. Petrol kos 47 sent per liter meer en diesel 49 sent per liter. Die besteebare inkomste van Jan Alleman gaan verder krimp met beplande verhoogde kragtariewe. Kragtariewe sal na verwagting in Julie styg in ooreenstemming met Eskom se multijarige prysvasstelling. Indien die
Binnelandse Sake krabbel terug oor reisvereistes
Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het teruggekrabbel oor omstrede reisvereistes vir kinders wat na en van Suid-Afrika reis. Volgens die verklaring is die volledige geboortesertifikaat nie meer nodig wanneer albei ouers met geldige paspoorte en visums vir hulself en hul kinders na of van Suid-Afrika reis nie. Tot verlede week is die nuwe regulasies
Lees verder: Binnelandse Sake krabbel terug oor reisvereistes
Rhodes kondig transformasie-taakspan aan
’n Spesiale taakspan is deur die Rhodes-universiteit in Grahamstad saamgestel om te bepaal of dié universiteit hernoem sal word. Die voorsitter van die universiteitsraad, Vuyo Kahla, sê nadat omstredenheid oor die beweerde gebrek aan transformasie by die universiteit in Maart kop uitgesteek het, het die universiteit se institusionele forum besluit om dié taakspan saam te
Jagters onderhandel met SAA na skokbesluit
Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) onderhandel met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) om kliënte se jagtrofeë te vervoer. Dit volg nadat die SAA in April ’n verbod geplaas het op die vervoer van jagtrofeë van renosters, olifante en leeus nadat die Australiese lugvaartowerheid hom beboet het omdat versteekte ivoor op ’n SAA-vlug gevind is. Adri
Wolk hang oor Sepp Blatter
Die president van die sokkerbeheerliggaam, FIFA, Sepp Blatter, het Dinsdag sy bedanking aangekondig. Bewerings van korrupsie in die liggaam is steeds besig om verder uit te kring. Die 79-jarige Blatter het met die aankondiging van sy uittrede gevra dat ‘n buitengewone kongres belê word om ‘n opvolger vir hom te kies. Die VSA ontken dat
Honderde vermis na passasierboot in China omslaan
‘n Reuse-reddingsoperasie is steeds aan die gang op die Yangtze-rivier in die suide van China waar ‘n passasierskip met meer as 450 mense aan boord tydens ‘n storm omgekantel het. Honderde word vermis wat op die Eastern Star gereis het, tydens ‘n storm op die rivier omgeslaan het. Honderde mense is vermoedelik steeds binne die
Lees verder: Honderde vermis na passasierboot in China omslaan
Malema se setel is veilig na SAID skielik onttrek
Julius Malema se setel in die parlement is veilig na SAID, in ‘n onverwagse wending, laat Maandag sy sekwestrasie-aansoek teen Malema laat vaar het. Die Ekonomiese vryheidsvegters se leier is deur die Inkomstediens laat vervolg. Die voorlopige sekwestrasiebevel, wat sedert Februarie verlede jaar reeds oor sy kop hang, is ook opgehef nadat die SAID-advokaat Nic
Lees verder: Malema se setel is veilig na SAID skielik onttrek
Slaweskip by Clifton ‘gedenk’
Die jongste hoofstuk van “wit skuld” word in Kaapstad opgevoer waar die “verhaal van slawerny ontvou”. Die oorblyfsels van ‘n wrak van ‘n slaweskip wat gesink het naby Clifton, die São José-Paquete de-Afrika, was ‘n Portugese skip met swart slawe uit Mosambiek. Die skip was op pad na Brasilië, met meer as 500 swartes van
Rukwinde, reën en sneeu
Sterk rukwinde in die Paarl in die Boland het daartoe gelei dat minstens een persoon beseer is, het RSG berig. ‘n Vragmotor het ook by die Hugenotetonnel omgeslaan. Volgens die nooddienste het die man aan sy huis se dak in Groenheuwel gehang om te verhoed dat dit weg waai. Hy het ernstige snywonde opgedoen en
R22 miljoen om Eskom se geldprobleme te bekyk
Sowat R22 miljoen word begroot vir die ondersoek om Eskom se finansiële probleme te ondersoek, het ANA berig. Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het vandag gesê die geld sal uit Eskom se eie sak betaal word. Volgens haar sal geld intern geherstruktureer word. Dit kom na ‘n vraag van die VF Plus in die
