’n Spesiale taakspan is deur die Rhodes-universiteit in Grahamstad saamgestel om te bepaal of dié universiteit hernoem sal word.
Die voorsitter van die universiteitsraad, Vuyo Kahla, sê nadat omstredenheid oor die beweerde gebrek aan transformasie by die universiteit in Maart kop uitgesteek het, het die universiteit se institusionele forum besluit om dié taakspan saam te stel.
Teen 2020, sal Suid-Afrika se 23 universiteite ongeveer 7 000 nuwe akademici benodig, aangesien 50% van professore vir aftrede sal kwalifiseer.
Dit kan lei tot ‘n personeelkrisis by universiteite in die land.
In reaksie het die departement van hoër onderwys en opleiding die Nuwe Generasie Akademici program (nGAP) van stapel gestuur.
Hulle konsentreer daarop om jong swart vroue te finansier.

Met transformasie links en transformasie regs,is Suid-Afrika nou mooi in sy m**r in ge-“transformeer” Eskom, TRANSNET, hospitale, skole, universiteite, ALLES!!!. Maar steeds wil julle aanhou!! Transformasie moet die skuld kry vir die gemors in die land en nie apartheid nie!
Die is darem waaragtig ‘n skande dat nGAP nie net swartes wil bevoordeel met studiebeurse nie, maar veral vroue. Die skema is dus sowel rassisties as seksisties en natuurlik anti-Afrikaans, maar geen haan kraai daaroor nie. Die skuif by Universiteit Rhodes volg dieselfde patroon as by Universiteit Kaapstad en Universiteit Stellenbosch. Daar word sonder meer aan die druk van swartes toegegee. Ons beweeg na ‘n situasie waar studente wat ordentlike akademiese onderrig verlang hulle tot buitelandse universiteite sal moet wend.
“Ons beweeg na ‘n situasie waar studente wat ordentlike akademiese
onderrig verlang hulle tot buitelandse universiteite sal moet wend.”
Ek het dieselfde afleiding gemaak.
Ek het al lankal hierdie stelling gemaak, dat, indien jy goeie opleiding en erkende oleiding wil kry , gaan studeer aan ‘n universiteit in die buiteland. Kan jy jou voorstel, as dit reeds op skoolvlak ‘n aborsie is, wat gaan op univeristeitsvlak gebeur.
Rhodes is laaaaaankal getransformeer. Meeste van die wit gesigte daar se harte en binnegoed was swart seker maar as skuldgevoel oor die rakker na wie hulle plekkie vernoem was – Verander die naam, verswart die akademici om die ware karakter van daardie instansie te ontbloot.