Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het teruggekrabbel oor omstrede reisvereistes vir kinders wat na en van Suid-Afrika reis.
Volgens die verklaring is die volledige geboortesertifikaat nie meer nodig wanneer albei ouers met geldige paspoorte en visums vir hulself en hul kinders na of van Suid-Afrika reis nie.
Tot verlede week is die nuwe regulasies vertolk as sou ’n kind met een of albei ouers of ’n voog reis, ’n volledige geboortesertifikaat vir ’n kind ’n vereiste is.
Die nuwe reisreëlings vir kinders het op 1 Junie van krag geword.
Nuwe bepalings en diegene wat vrygestel is van die dokumentasie soos volg opgesom:
• Minderjariges wat voor 1 Junie uit die land gereis het sal nie die dokumentasie nodig hê om die land weer binne te kom nie;
• geen ondersteunende dokumentasie word vereis deur minderjariges wat in regstreekse transito op ’n Suid-Afrikaanse internasionale lughawe is nie;
• minderjariges in besit van ’n geldige Suid-Afrikaanse visum sal nie bykomende dokumentasie hoef te toon wanneer hulle die land binnekom of verlaat nie;
• in die geval van lande wat die besonderhede van die ouers in kinders te paspoorte verskaf of enige amptelike identifiseringsdokumente, behoort aanvaar te word om die identiteit van die ouers van ’n minderjarige te bewys; en
• waar enige ouer of ouers wie se name in die volledige geboortesertifikaat verskyn, nie in staat is om toestemming aan die kind te verleen om te reis nie, hetsy vanweë ’n onlangse sterfte, fisiese of geestelike gestremdheid, kan diegene wat namens die kind optree om spesiale vergunning aansoek doen deur ’n volle motivering saam met ondersteunende dokumentasie, byvoorbeeld ’n mediese praktisyn se behandelingsertifikaat, aan die kantoor van die direkteur-generaal te stuur by die volgende e-posadres: consent@dha.gov.za.
