Met die petrolprys op ’n absolute rekordhoogtepunt en nog ’n rentekoersverhoging in die vooruitsig kan ek nie help om te wonder oor my ekonomieonderwyser se kommer reeds in 1975 nie. Toe al was hy bekommerd oor die sinnelose invoere en dat ons nie produseer nie. Wonder wat hy vandag sou sê met soveel selfonderhoudende besighede wat al toegemaak is, kniebuigend voor die Oosterse markte. Die onlangse sluiting van Rex Trueform is eintlik verraad in die hoogste graad. Alles kamtig oor ons onbekostigbare arbeid. Absolute snert wat deur die pienk pers van ons land vanaf elke moontlike platform verkondig word. ’n Teeplantasie word in die Noorde toegemaak sodat ons tee vanaf Malawi kan invoer. Honderde mense verloor hulle werk en huise. Krygkor word afgetakel en ons koop wapentuig wat ons nie eintlik nodig het nie maar plaaslik baie van kon bou. Miskien sou kon bou nadat soveel kundiges al die land vanweë regstellende aksie verlaat het. Nog ’n slim regeringsinisiatief, soos sovele ander waar hulle belowe om werk te skep. Een groot, vet grap.
Sonder vervaardiging stuur SA op ramp af