Daar is tans 284 munisipaliteite, maar meer as 80% van industriële produksie is afkomstig van “ses metro’s en twaalf sekondêre stede.” Dit is onaanvaarbaar en beteken dat die land op ”’n kruitvat” sit. Hy meen mynwese in Limpopo en die Noordwes behoort gebruik te word om meer gebalanseerde ontwikkeling in hierdie plattelandse areas te skep.
Mufamadi se departement van provinsiale en plaaslike regeringsake beplan om vanjaar R32 miljard aan munisipaliteite te skenk, maar die minister meen dat munispaliteite moet begin om meer van hulle eie inkomste te genereer. Hy glo verder daar moet beter kommunikasie tussen munisipale owerhede en inwoners wees. ”Dit sal vir ons beter wees om meer tussen mense te verskyn as op TV.”
Mufamadi wou hom nie uitlaat oor die moontlikheid dat die huidige getal provinsies dalk verminder gaan word nie.
