‘n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van ‘n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: “Ons land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.” Word na die politieke toneel
Die Sweedse verkiesing – Steeds ‘n teken van opkomende regs?
Die Sweedse kiesers het hul keuses uitgeoefen, maar dit lyk of ‘n nuwe verkiesing dalk uitgeroep sal moet word omdat die vorming van ‘n regering nou onmoontlik lyk. Die ironie is dat die probleem nie soseer is hoeveel stemme die groot partye getrek het nie, maar oor die hoeveelheid stemme wat ‘n klein party getrek
Lees verder: Die Sweedse verkiesing – Steeds ‘n teken van opkomende regs?
Van spaais en agente
Herrie lees die minister sê die inligtingswet is nodig want daar is soveel spaais en agente in die land wat dinge wil verander. En dit, sê die minister, is verkeerd en lelik. “Pa, beteken dit die Skerpioene was lelike spaais omdat hulle die land probeer verander het van ‘n roofdierstaat na ‘n piesangrepubliek?” Dit is
Soldate wil weer betoog
Soldate berei voor om aanstaande maand voor die Uniegebou in Pretoria te betoog en ‘n memorandum te oorhandig, het die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagtevakbond (Sasfu) gister in Pretoria gesê. Sasfu se Gautengse voorsitter Mfazwe Plaatjie het gesê die unie beplan ook regstappe teen die minister van verdediging en oorlogsveterane Lindiwe Sisulu omdat sy honderde soldate op spesiale
Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling
Binne die politieke wetenskap doen ‘n sêding die rondte: “Die demokrasie is ‘n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.” Dat die oë van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer. Verstaanbaar, omdat die land se regerende party ‘n belangrike
Absa daag ons uit
Die nuus dat Absa minder wit rugbyspelers in die Curriebeker wil sien, is geensins ‘n verrassing nie. Hoewel die bank intussen by monde van sy adjunk-uitvoerendehoof, mnr. Louis von Zeuner, ontken het dat hy ten gunste van rassekwotas is, het Absa tog duidelik sy anti-wit sentiment na buite gekommunikeer. Absa, wat deur Barclays van Brittanje
Pigspotter is onskuldig
Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na ‘n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige taxi’s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die gereg.
Eksotiese skade
By ‘n onlangse beraad in Kopenhagen het wetenskaplikes ‘n beroep op die regerings van die EU gedoen om te wikkel met wetgewing wat skade deur nie-inheemse soorte aan die natuur sal beperk. Elke jaar rig die eksotiese plante, diere en ander organismes na raming sowat 12 miljard euro’s skade aan. Van die ekoloë meen die
Professor is stil oor huidige polisie
Is dit nie opvallend hoe stil die spraaksame kopdoekie-professor is oor die huidige polisie (SAP en METRO) en hulle manewales en koste vir die gewone belastingbetaler nie? Miskien moet die einste geleerde hom daarvan vergewis dat die huidige polisie (SAP en METRO) die grootste enkele bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van die gewone burgery
Eugene de Kock is nie enigste bron nie – repliek aan prof. Piet Croukamp
As ek na die professor se repliek kyk dan verbaas dit my dat ‘n persoon wat veronderstel is om ‘n akademikus te wees en met feite te werk hom op ‘n klomp snert verlaat en aan die hand daarvan wilde bewerings maak wat hy beslis nie met enige feite kan staaf nie. Ek kry die
Lees verder: Eugene de Kock is nie enigste bron nie – repliek aan prof. Piet Croukamp
