Oproeriges het Maandag Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal tot stilstand gedwing. Die oproermakers versper paaie met vullis, en sake-ondernemings en skole moes sluit weens dreigemente van geweld. Inwoners is glo ontevrede oor swak dienslewering, veral ‘n tekort aan water. Twaalf mense wat vroeër in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, verskyn vandag
Oliefonds en polisiebegroting geplunder
Die Sentrale Energiefonds het sy verkope van olie verdedig, en sê Suid-Afrika het toegang tot 90 dae se brent ru-olie reserwes. Die Fonds het gereageer op ‘n berig deur die Business Day-koerant dat die fonds tien miljoen vate ru-olie in ‘n geslote transaksie verkoop het sonder om toestemming van die Nasionale Tesourie te kry. Die
Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek
Oproeriges het berede polisie met klippe bestook en brande gestig buite ’n saamtrek wat Donald Trump in Albequerque in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko toegespreek het. Woensdagaand het Meksikane Amerikaanse vlae aan die brand gesteek en hul eie vlae rondgeswaai saam met anti-Trump-betogers buite die lokaal waar Trump gepraat het. Die oproeriges het met polisielede slaags
Lees verder: Meksikaanse oproeriges brand vlae by Trump-saamtrek
Taliban kies nuwe leier ná VSA-aanval
Die Taliban in Afganistan het gister sy nuwe leier aangewys nadat die vorige leier, Moellah Akhtar Mansoer, Saterdag in ’n Amerikaanse lugaanval dood is. Haibatoellah Akhoenzada, wat adjunkleier was, is as die nuwe leier aangewys, het Reuters berig. Hy is ook die voormalige hoof van die Talibanse regbank. Pres. Barack Obama het Maandag bevestig Mansour
EgyptAir het glo skerp geswenk sê Griekse lugbeheer
Die hoof van Egipte se forensiese owerheid het ’n gevolgtrekking verwerp dat slegs klein stukkies liggaamsdele ná die EgyptAir-ramp gevind is omdat ’n ontploffing aan boord plaasgevind het. ’n Intensiewe ondersoek is aan die gang waarom die Airbus 320 van EgyptAir Donderdagoggend vroeg met 66 passasiers aan boord in die Middellandse See neergestort het. Die
Lees verder: EgyptAir het glo skerp geswenk sê Griekse lugbeheer
NW bring kriminele klag teen munispiale bestuurder
Die Noordwes-wetgewer het, in ‘n ongekende stap, ‘n kriminele klag gelê teen die munisipale bestuurder van die Naledi Munisipaliteit, wat Vryburg insluit. Die klag, minagting van die wetgewer, spruit uit ‘n voorval vroeër vandeesmaand toe Modisenyane Segapo tydens ‘n sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge uitgestap het. Segapo het voor die komitee verskyn
Lees verder: NW bring kriminele klag teen munispiale bestuurder
Obama wil wapens aan kommunistiese Viëtnam verskaf
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het die week die verbod op wapenverkope aan Viëtnam opgehef. Betrekkinge tussen die voormalige Koue Oorlog-vyande versterk toenemend danksy handelsbande en wedersydse vrees oor Chinese uitbreidings in die Suid-China see. Die aankondiging is gedoen met die aanvang van Obama se driedaagse besoek aan Viëtnam. Die beëindiging van die dekades-lange embargo
Lees verder: Obama wil wapens aan kommunistiese Viëtnam verskaf
Kroonstad se waterkrisis Vrydag bespreek
Die munisipale bestuurder van die Moqhaka-munispaliteit en verskeie rolspelers vergader Vrydag om die waterkrisis in Kroonstad te bespreek. Die woordvoerder van dié munispaliteit, Khojane Madiba, het aan OFM gesê hulle sal dan kommentaar op die kwessie lewer. Die Bloemhoekdam, wat water aan Kroonstad verskaf, is nou minder as 1% vol. Inwoners van die dorp het
Zuma meen sy kanse op sukses teen spioenasiebande is goed
Pres. Jacob Zuma meen sy kanse om met suskses te appelleer teen die hofbeslissing rakende spioenasie bande, is goed. Sy regsverteenwoordiger Shaun Abrahams het Maandagoggend aangekondig dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal appelleer teen die uitspraak. Luidens die vroeëre hofbeslissing van die hooggeregshof in Pretoria in April, moet Zuma tereg staan op 783 klagte van
Lees verder: Zuma meen sy kanse op sukses teen spioenasiebande is goed
Geen plofstof op menslike oorskot van EgyptAir-ramp nie
Egipte het Sondag ’n duikboot gestuur om te help met die soektog na die vlugopnemers van die straler van EgyptAir wat in die Middellandse See neergestort het. Al 66 mense aan boord het gesterf. Honderde mense het Sondag in die Koptiese Christelike kerkgebou in Kaïro vergader om vir naasbestaandes onder die slagoffers te bid. Daar
Lees verder: Geen plofstof op menslike oorskot van EgyptAir-ramp nie
