Sean Cooley het besluit om in ’n luukse hotel in Kwazulu-Natal te gaan uitspan toe dinge lelik vir hom skeefgeloop het. “Dit klink soos iets wat jy in ’n film sien – jy gaan na ’n hotel om vakansie te hou, word ontvoer en dan 100 km verder afgelaai,” het hy gister gesê, veilig terug by sy huis in Bryanston, Johannesburg.
Cooley se ongelukkige ervaring het verlede Sondagaand begin toe nege mans, gewapen met ’n AK-47, ’n haelgeweer en 9 mm pistole kort voor middernag in Mkuze by die viersterhotel, Ghost Mountain, opgedaag het. Hulle het Cooley se Landrover Freelander geneem, asook ’n ander gas se minibus. Hulle het die ontvangsdame toe gedwing om die voertuigeienaars wakker te maak. “Ons het ’n oproep van ontvangs gekry om te sê ons moet die motoralarms kom afskakel,” vertel Cooley. Toe hy, ’n vriend en die minibuseienaar by die ontvangsarea instap, is hulle onmiddellik deur die nege boewe omring. Hulle kamers is ook deurgegaan. Die motorsleutels en ’n klomp ander items is gesteel.

Lees verder: Vakansie met ?n verskil