Die fisiologie van die staking

Na raming het die staking wat nou voorlopig opgeskort is, die land regstreeks R1 miljard per dag gekos. Dit kan moontlik meer wees, omdat bereken is dat ‘n vorige Cosatu-staking die land R2 miljard per dag gekos het. Voeg hierby die enorme onregstreekse skade wat moontlik uit die hewige negatiewe beriggewing voortgespruit het, en Suid-Afrika

Lees verder: Die fisiologie van die staking

Nasionale trots

Die jongste opname van Maatskaplike Gesindhede (SASAS) dui daarop dat Suid-Afrikaners die 6de hoogste vlak van nasionale trots in die wêreld het. Met die eerste instink sal so ‘n stelling erg gegogga word, onder meer oor die blote vlakke van frustrasie wat aan die ontvang- en uitdeelkant van die nasionale stakings ervaar is. ‘n Paar

Lees verder: Nasionale trots

Oom Anneries se stoepstories: Willie die renoster

“Smaak my vanjaar gaan die *&^%$ wilddiewe tot 300 renosters van die gras af maak,” sê oom Anneries na ons ons sitte gekry het. “Ja oom Anneries.” Ek het self die Landbouweekblad onder oë gehad. “Lyk my dit gaan so drie keer meer wees as verlede jaar.” Oom Anneries laat loop met sy straaltjie pruimtwak

Lees verder: Oom Anneries se stoepstories: Willie die renoster

Polisie oral in Maputo ontplooi

Die polisie in Mosambiek is Maandag in arm woongebiede in Maputo ontplooi om nuwe oproer oor verhoogde kospryse te keer. Tien mense is verlede week in gewelddadige betogings in die gebied dood. Oor die naweek het SMS-boodskappe deur die stad versprei om Mosambiekers aan te moedig om Maandag weer die strate in te vaar. Die

Lees verder: Polisie oral in Maputo ontplooi

Renault stel nuwe model in Rusland bekend

Hier is ‘n kort oorsig van die afgelope week se motornuus, van nuwe vrystellings tot ontwikkelings op die gebied van brandstofekonomie en uitlaatgasse. Renault Die internasionale motorskou in Moskou, Rusland het die platvorm geskep vir die wêreldwye bekendstelling van die nuwe Renault Latitude. Die motor is die nuwe besigheidsklas-verteenwoordiger van Renault. Volgens Renault is die

Lees verder: Renault stel nuwe model in Rusland bekend

Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere

‘n Raadslid van die Bundesbank, die Duitse reserwebank, loop gevaar om afgedank te word as gevolg van sy uitsprake oor Turke, Arabiere en ander immigrante. Thilo Sarrazin (64), ‘n voormalige minister van finansies van die Berlynse deelstaat, het op 30 Augustus ‘n boek gepubliseer met die titel, Deutschland schafft sich ab (Duitsland skaf homself af),

Lees verder: Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere

Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart

‘n Man sou vanooggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bulpeler Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê. “Hy is Vrydagaand om 5:45 in hegtenis geneem,” sê Brigadier Mahlomola Manganye, van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria, Gauteng. “Dit is nie in verband met die moord nie, maar in

Lees verder: Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart