Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

‘n Vliegtuig van die Emirates-lugdiens moes ‘n noodlanding moes uitvoer op die Doebaai-lughawe. Die 282 passasiers en 18 bemanningslede is ongedeerd. Daar was glo ‘n Suid-Afrikaner aan boord van die vlug. ‘n Dik, swart rookwolk was sigbaar bo die gestrande vliegtuig op foto’s wat op sosiale media versprei is. Volgens ‘n verklaring van die lugdiens

Lees verder: Brandende vliegtuig moet noodlanding in Doebaai doen

Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

Duitsland het Turkye se dreigement om nie sy woord gestand te doen oor die omstrede ooreenkoms met die Europese Unie (EU) nie, verwerp. Turkye het onderneem om die vloei van migrante na die EU te stop. Nou eis Turkye visumvrye toegang na die EU teen Oktober. Gevra of Turkye die EU kon “afpers” oor die

Lees verder: Duitsland waarsku Turkye oor visum-afpersing

ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Magte lojaal aan Libië se eenheidsregering maak vordering binne die djihadiste se vesting, Sirte nadat die eerste Amerikaanse lugaanvalle, posisies van die Islamitiese Staat (ISIS) in die stad geteiken het. Die soldate het die sentrale distrik, Al-Dollar, ingeneem nadat gevegte die lewens van vyf soldate geëis het. Sewentien ander is gewond. Die regering in Tripoli

Lees verder: ISIS-djihadiste byna uit Sirte verdryf

Motors: Makrogesinswaens!

Die meeste van ons het op een of ander stadium in ons lewe te doen gekry met ‘n VW Kombi of bussie. Om een of ander rede het die gewildheid van die gesinsbussie heelwat afgeneem van die vroeë jare sewentig en tagtig. Sou jy in daardie tyd meer as twee kinders gehad het, was die

Lees verder: Motors: Makrogesinswaens!

Pous sê Islam is nie aan geweld gekoppel nie

Pous Franciscus het Sondag gesê dit is verkeerd om Islam aan geweld te koppel. Dié uitspraak kom na veral ‘n reeks dodelike aanvalle deur die Moslemterreurgroep ISIS in Europa. Hy het tydens ‘n mediakonferensie aan boord van ‘n vliegtuig gesê afgodediens en geld is onder die belangrikste oorsake vir terrorisme. Hy was in Pole ter

Lees verder: Pous sê Islam is nie aan geweld gekoppel nie

Trump se posisie verstewig verder

Donald Trump se aanslag op die Amerikaanse presidentskap het verder verstewig. Trump het beloof om die oneerlike media, veral CNN, “die Clinton News Network, aan te vat by ‘n byeenkoms in Harrisburg, Penn. Maandagaand. “Ons het ‘n media wat so oneerlik is,” het Trump gesê. “Dit is van die mees oneerlike mense wat jy ooit,

Lees verder: Trump se posisie verstewig verder

Twee vragmotorbestuurders in mensehandel betrap

Twee bruin vragmotorbestuurders sal na verwagting om borgtog aansoek doen in die Marble Hall-landdroshof Dinsdag nadat hulle in hegtenis geneem is weens beweerde mensehandel. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) se kapt Matimba Maluleke het gesê Idrisa Yusuf Mussa, 39, en Danison Prahima, 39, is in hegtenis geneem op 28 Julie en sal Vrydag in die

Lees verder: Twee vragmotorbestuurders in mensehandel betrap

Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Dit is nie bekend hoe die brandstofstaking die Munisipale Verkiesing wat more op 3 Augustus plaasvind, sal raak nie. Voornemende kiesers sal dalk in Jan Tuisbly se karretjie moet ry. Metrobus het pendelaars in Johannesburg gewaarsku dat sy busse nie op alle geskeduleerde roetes sal loop Dinsdag nie weens die voortgesette staking in die petroleumbedryf.

Lees verder: Brandstofstaking kan voornemende kiesers tuis hou

Kayla Meyer en haar gesin se moordenaars gevang

In wat deur die polisie as ‘n “deurbraak” beskryf is, is vier verdagtes deur die Randfonteinse polisie aangekeer in verband met die grusame moorde op 10 Maart 2016 op Kayla Meyer,9, en die res van haar gesin, waaronder haar moeder Marietjie Meyer, 46, dié se vriend Kenny MacCormack, 42, en Monty MacCormack, 73. Die vier

Lees verder: Kayla Meyer en haar gesin se moordenaars gevang

Dertien gedood in motorbomaanval

In die aanloop tot die presidentsverkiesing in Somalië dié maand, is die militante Islamitiese groep, al-Sjabaab, besig om sy aanvalle te verskerp, het Reuters berig. Militante het Sondag twee motorbomme buite ‘n polisiebasis in Somalië se hoofstad, Mogadishu laat ontplof voordat gewapendes die gebou binnegestorm en minstens dertien mense om die lewe gebring het. Die

Lees verder: Dertien gedood in motorbomaanval