Boer wat stropers se lyke verbrand na 10 jaar gevonnis

’n Boer wat die lyke van twee stropers verbrand het, is Woensdag tot twee jaar tronkstraf gevonnis. Die 59-jarige Douw de Beer se seun het op 22 April 2004 die twee wilddiewe doodgeskiet nadat hulle op hom losgebrand het. Die saak teen die De Beers het tien jaar gesloer. Regter Winston Msimeki het De Beer

Lees verder: Boer wat stropers se lyke verbrand na 10 jaar gevonnis

TV-stasie wat slapende president wys verbied

Uganda se regering het Woensdag een van die grootste TV-stasies verbied om voorts nuus oor hulle president uit te saai. Dié stap kom nadat beelde van President Yoweri Museveni wat in die parlement sit en slaap, uitgesaai is. “Die president het gewoontes, hy mediteer en hulle weet dit, en steeds gaan wys hulle dat hy

Lees verder: TV-stasie wat slapende president wys verbied

Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Die leier van die United Democratic Front, Bantu Holomisa, sê die Kieshof se aanbeveling dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, uit haar amp verwyder word, sal dien as waarskuwing vir ander dat niemand bo die reg verhewe is nie. RSG berig dat die hof teen Tlakula beslis het in haar stryd teen sewe opposisiepartye

Lees verder: Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Polisiebeamptes gewapen met haelgewere het ‘n skare straatsmouse in die Pretoria Woensdag uitmekaargejaag. Tshwane-metropolisie en die SA Polisiediens het die betogers van Isivuno House, die munisipale hoofkantoor, verjaag met dreigemente van skerppuntaksie. Winkels en banke is gesluit toe die oproeriges met stokke en klippe in Lilian Ngoyi-straat afbeweeg het. Die straat is afgesper, wat veroorsaak

Lees verder: Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Gebrekkige opleiding kon vliegramp veroorsaak het

Die Burgerlike lugvaartowerheid sê die militêre vliegongeluk in Mpumalanga, waarin drie mense omgekom het, is moontlik veroorsaak gebrekkige vliegopleiding vir spesifieke weerstoestande. Die Cessna-vliegtuig was van Sabi Sabi na Lydenburg onderweg toe dit in die Misty Mountain-gebied neergestort het. Die twee oorlewendes is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die weermag sê die ondersoek

Lees verder: Gebrekkige opleiding kon vliegramp veroorsaak het

Motoriste gewaarsku oor oproer noord van Pietersburg

Die N1 tussen Louis Trichardt (Makhado) en Pietersburg (Polokwane) in Limpopo is gesluit nadat oproer in die gebied uitgebreek het. Inwoners by Botlokwa is in opstand oor gebrekkige dienste. ‘n Polisie-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het motoriste aangeraai om op hul hoede te wees in dié omgewing. Veral taxis en vragmotors wat na Zimbabwe op pad is,

Lees verder: Motoriste gewaarsku oor oproer noord van Pietersburg

Wat is so skokkend aan plan vir skole?

Ek maak beswaar teen die opskrif “LUR se skok-plan vir skole” (Beeld, 16 Junie). Wat op aarde kan “skokkend” wees daaraan om voormalige model-C-skole met inrigtings in minder gegoede woonbuurte saam te smelt en die hoofskappe te transformeer? Na my ervaring gee slegs ’n baie klein persentasie Afrikaners nog om vir ons kultuur, geskiedenis en

Lees verder: Wat is so skokkend aan plan vir skole?

Ebola maai in Wes-Afrika

Sewe mense is in die Liberiese hoofstad, Monrovia aan die Ebola-virus dood, het RSG berig Dit is die eerste sterftes in die stad nadat die hoogs-aansteeklike virus in verskeie Wes-Afrika lande uitgebreek het. Onder die slagoffers is `n verpleegster en vier mense van dieselfde familie. Guinee het die swaarste onder die Ebola-virus deurgeloop met twee-honderd-en-agt

Lees verder: Ebola maai in Wes-Afrika

N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

Oproerigheid het daarvoor gesorg dat talle mense in hegtenis geneem is in die Oos-Kaap vir openbare geweld. Die polisie was uiteindelik genoodsaak om traangas en skokgranate te gebruik om die skare uiteen te jaag. Oproermakers het die die N2 tussen Oos-Londen en King William’s Town versper. Die inwoners van Tshabo het buitebande op die pad

Lees verder: N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

President lewer moeë Staatsrede

In ‘n Staatsrede wat verskeur is deur opposisielede, het president Jacob Zuma min op detail gefokus en byna hoegenaamd nie op die Nasionale Ontwikkelingsplan nie, die regering se groei bloudruk. Zuma het benadruk dat die skep van werkgeleenthede vinniger ekonomiese groei vereis, maar effektief begin met die 2016 plaaslike regering verkiesingsveldtog. Hy het direkte ingryping deur die

Lees verder: President lewer moeë Staatsrede