"Die IVP-president is blakend gesond en het verlede week 'n roetine ondersoek ondergaan," het die party se voorsitter Zanele kaMagwaza-Msibi gesê.
"In teenstelling met kwaadwillige mediabeweringe, het die IVP-president die afgelope naweek tuis in Mahlabathini deurgebring."
Die berig van Buthelezi se ongesteldheid het in die Zoeloenuusblad, die Ilanga verskyn. Sy het 'n beroep op die media gedoen om af te sien van sensasiesoekende, onware beriggewing wat tot spanning en druk in IVP-geledere kan lei.
Senior IVP-leier Blessed Gwala het aan Sapa gesê Buthelezi het Maandag saam met hom 'n uitvoerende vergadering in Durban bygewoon. "Hy is op die oomblik hier by my. Hy is gesond. Ons is regtig geskok deur die berigte in die media."

Die ANC moet ophou met "egopolitiek" en die DA se Helen Zille 'n kans gee om die Wes-Kaap te regeer, het die leier van Cope in die provinsie, Alan Boesak Sondag gesê.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie meen dat die Mexikaanse griepvirus die pandemiewaarskuwingsvlak van ses, ’n volskaalse pandemie, kan bereik. ’n Vlak van ses beteken daar is volgehoue uitbrekings van die siekte in minstens twee WGO-streke. Die waarskuwingsvlak is tans vyf.