Irak se parlement het Sondag met 'n oorweldigende meerderheid gestem vir 'n voorgestelde sekuriteitsooreenkoms wat die totale onttrekking van Amerikaanse magte uit die land teen die einde van 2011 behels. Die kabinetsbesluit stel nou 'n finale datum vir die onttrekking van Amerikaanse soldate heelwat nader as wat dit was na vyf en 'n half jaar se oorlog.
Lees verder: Irak stem vir volle Amerikaanse onttrekking teen 2011

'n Man is in suidelike Tanzanië gearresteer nadat hy sy albino vrou wou verkoop aan Kongolese handelaars, het polisie Woensdag gesê.
Die SAOG-ministers van gesondheid het oor die naweek die belang daarvan uitgewys om aandag te gee aan nie -oordraagbare siektes, waarna soms verwys word as lewensstylsiektes, in erkenning van die groeiende las wat dit op die Afrikastreek plaas.