Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het Marikana-myners na bewering gemartel om te probeer vasstel of hulle deur Julius Malema tot geweld aangehits is. Kolonel Nkosana “Killer” Ximba het sy base glo oor die aanhitsing ingelig, het die City Press Sondag berig. Op ‘n vraag oor die beweerde voorvalle van marteling het Ximba gesê: “Het jy my
Jeugliga wonder waar is wit slagoffers van Marikana
Suid-Afrika moet vra hoekom daar geen blankes onder die slagoffers was wat in die Marikana-slagting doodgeskiet is nie, het die ANC-jeugliga Saterdag gesê. “Ons moet wonder waarom 100% van diegene wat geskiet is swart was,” het Ronald Lamola, president van die ANC-jeugliga, gesê. Hy het gepraat tydens die 21ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Studentekongres (Sasco)
Lees verder: Jeugliga wonder waar is wit slagoffers van Marikana
Wie is te blameer vir Suid-Afrikaanse ‘ongelykheid’?
FW de Klerk, Mamphela Ramphele en Tim du Plesssis het vandeesweek gekla oor die “ongelykheid” in Suid-Afrika, met die implikasie dat blankes en Afrikaners daarvoor verantwoordelik is. Ek blameer die Britse administrasie van die 19de eeu asook die destydse swart hoofmanne wat nie skole gebou het nie. Eers onder Verwoerd as minister van naturellesake is
Lees verder: Wie is te blameer vir Suid-Afrikaanse ‘ongelykheid’?
PRAAG-petisie teen Woolworths vorder fluks
Vanaf gisteraand loop PRAAG ‘n petisie teen Woolworths se diskriminasie teen blankes op ons Engelstalige blad praag.org. Meer as 120 mense het dit reeds onderteken. Dis baie maklik om te onderteken en verg bloot ‘n naam en ‘n e-posadres. Lesers wat belangstel om dit te onderteken, klik asseblief hier onder: Petisie Данильченко Юрий Брониславович Харьков
ANC-minister loof Woolworths
Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Woolworths vir sy standpunt oor gelyke indiensneming geloof. “As die regering van Suid-Afrika en diegene wat transformasie nastreef, sal ons aanhou om maatskappye soos Woolworths aan te moedig om met die transformasie en integrasie van die samelewing voort te gaan,” het sy in ‘n verklaring gesê. Die Pro-Afrikaanse
Basta met skaliegas, sê VF+
“Die VF Plus het met afkeur verneem van die besluit van die regering om die moratorium op die ontginning van skaliegas in die Karoo, op te hef. Die party is van mening dat daar vele bewyse is dat hierdie tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing. “Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik
Swede betaal glo vir uitlewering
In ‘n skuif wat die bloggers aan die brand het, het Swede belowe om aan Kambodja $60 miljoen te skenk vir “demokratiese ontwikkeling”. Sommiges dink die tydsberekening van die transaksie – reg nadat Pirate Bay se mede-stigter in dié land gearresteer is – is geen toeval nie. Baie mense het reeds die moontlike verband tussen
Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord
Die pa van ‘n gesin wat in die Franse Alpe vermoor is, is Donderdag geïdentifiseer as Saad al-Hilli, ‘n 50-jarige wat in Bagdad gebore is, het ‘n Franse polisiebron gesê. Die polisiebron het bevestig dat die Hilli-gesin in Claygate, Surrey, in die suidweste van Londen gewoon het. Die Franse president Francois Hollande het gesê Frankryk
Onrus breek weer by Medupi uit
Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo. Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor. RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA. Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want
FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede
Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê. “Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal
