Swede betaal glo vir uitlewering

In ‘n skuif wat die bloggers aan die brand het, het Swede belowe om aan Kambodja $60 miljoen te skenk vir “demokratiese ontwikkeling”. Sommiges dink die tydsberekening van die transaksie – reg nadat Pirate Bay se mede-stigter in dié land gearresteer is – is geen toeval nie.

Baie mense het reeds die moontlike verband tussen die “dreigende deportasie” van Gottfrid Svartholm Warg na Swede en die yslike sosiale pakket raakgesien en as “belaglik” beskryf.

Swede stuur gereeld finansiële steun aan die sukkelende Suidoos-Asiatiese staat. Maar inligting beskikbaar op die OpenAid-webwerf, wys waarheen Swede belastingbetalers se geld stuur, en hoeveel daarvan. Hierdie laaste belofte van hulp aan Kambodja sal alle vorige skenkings met 50% oorskry.

Gerugte dat Stockholm die geld gegee het in ruil vir die inhegtenisneming van ‘n man wat hulle wil hê, loop oral op die net. Swede se Pirate Party-stigter Rick Falkvinge, dink die tydsberekening is geen toeval nie.

“Die tydsberekening van hierdie ruim steunpakket lig natuurlik die wenkbroue,” sê Falkvinge.

Die Pirate Party stigter het bygevoeg dat “niemand sal ooit in staat wees om dit te bewys nie, maar as dit loop soos ‘n eend en lyk soos ‘n eend …”

Forums is in rep en roer oor hierdie ontwikkeling, en owerhede moet oral vure doodslaan. Maar die feit bly dat Kambodja, wat 158ste uit 180 lande op die korrupsie-indeks verskyn, geen uitleweringsooreenkoms met Swede het nie en nog nooit tevore enige mens gedeporteer nie.

 

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae