“Die VF Plus het met afkeur verneem van die besluit van die regering om die moratorium op die ontginning van skaliegas in die Karoo, op te hef. Die party is van mening dat daar vele bewyse is dat hierdie tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing.
“Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik gedoen kan word nie. Ons is ook bekommerd oor die voordele wat die ANC en sy kaders vir hulleself hierin gaan toeëien,” was die reaksie van adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Minerale Hulpbronne, op die aankondiging deur minister Collins Chabane vandag.
Die VF Plus sal die verslag van die regering aanvra en bestudeer. Die party sal die ontginning van skaliegas waar moontlik teenstaan en selfs saam met ander belangegroepe regstappe neem.
