Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê.
“Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal by die Kaapse Persklub gesê.
De Klerk het gesê dit is ook ‘n gaping “waar die Congress of SA Trade Unions gereedmaak om enige pogings om die arbeidsmark meer buigbaar te maak, teen te staan”.
Nóg ‘n hoofoorsaak van ongelykheid is die “katastrofiese mislukking van ons onderwysstelsel”.
De Klerk het gesê ‘n totaal van 60% van skoolverlaters het nie matriek geslaag nie en diegene wat matriek geslaag het, het geslaag met ‘n gemiddelde punt van minder as 40%.
