Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo.
Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor.
RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA.
Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want nadat projekte afgehandel word, sal hulle afgedank word.
