Swart boere ontvang R146 miljoen aan verdere hulp

Op 11 Julie 2009 het praag.co.za 'n berig Swart boere immuun teen Landbankterugnames geplaas. So pas het die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, aangekondig dat 'n hulppakket van R146 miljoen aan swart boere beskikbaar gestel word.

Dit volg op dreigemente van regsaksies deur die Landbank teenoor meer as 500 hoofsaaklik swart boere wat in gebreke bly om lenings wat aan hulle toegestaan is, terug te betaal.

Joemat-Petterson het Vrydagaand 'n werkswinkel van die Nasionale Swart Boere-unie toegespreek. Volgens haar verteenwoordig die geld nie 'n moratorium op betalings nie, maar 'n manier om swart boere te help om die mas op te kom.

Die landbouminister het verder verduidelik dat die reddingspakket 'n manier vir swart boere was om hul grond te behou.

star basketballпрокурор харьковской области

Babas aan die brand gesteek in Blairgowrie

Image

Brandstigting bly ‘n gunstelingtydverdryf…

Die polisie het nog niemand aangekeer ná die geval in Blairgowrie, Randburg, waartydens 'n swart gesin van vier aan die brand gesteek is nie. Aanvanklik is 'n rooftog vermoed, maar tans word die voorval aan 'n "liefdesrusie" toegeskryf.

Volgens kaptein Julia Claassen van die SA Polisie, "het geen inhegtenisnames nog geskied nie en gaan die polisie voort met hul ondersoek".

Vier swartes, waaronder twee babas, verkeer in 'n ernstige toestand nadat hulle Vrydag tydens 'n aanval in Olympicstraat, Blairgowrie, aan die brand gesteek is.

Al vier het erge brandwonde opgedoen en word tans daarvoor in die hospitaal behandel.

Vrydag het senior superintendent Eugene Opperman gesê dat 'n voorlopige ondersoek gedui het op 'n "liefdesdruk en nie 'n rooftog soos aanvanklik gedink is nie".

'n Veiligheidsmaatskappy het Vrydag 'n noodroep vanuit 'n woning in Blairgowrie om 2.20 n.m. ontvang.

"Hulle het op die toneel aangekom en het die bediendekamer in ligte laaie gevind. Hulle het twee babas, asook twee volwassenes, 'n man en 'n vrou, op die perseel aangetref."

'n Woordvoerder vir Netcare 911 se paramediese span, Nick Dollman, sê die babas is "baie klein… omtrent 'n jaar oud".

Die brandslagoffers is blykbaar die bediende, haar vriend en haar twee kinders.

'n Saak van brandstigting en poging tot moord word ondersoek.

In 'n soortgelyke voorval vroeër vandeesweek, is 'n 25-jarige smous wat in 'n liefdesdriehoek vasgevang is ook langs die pad in Pietermaritzburg aan die brand gesteek.

Die woordvoerder van die polisie in Kwazulu-Natal, Henry Budhram, het gesê die smous, Sli Benghu, was Dinsdag besig om sake in Manchesterweg, Northdale, te doen toe sy deur 'n vrou wat aan haar bekend is, genader is.

'n Rusie het tussen die twee ontstaan, waarna die vrou 'n vlambare stof oor haar gegooi het en haar aan die brand gesteek het.

"Die slagoffer het na 'n nabygeleë spruit gehardloop waar sy daarin geslaag het om die vlamme te blus, maar het agterna inmekaar gesak," het Buhram gesê.

"Die motief vir die aanval is blykbaar 'n minnaar se ontrouheid," het Budhram gesê.

'n 22-jarige verdagte is later in Haniville in hegtenis geneem en sal binnekort in die Pietermaritzburgse landdroshof op 'n klag van poging tot moord verskyn.

Die slagoffer verkeer blykbaar in 'n ernstige maar stabiele toestand in 'n hospitaal.

строительство бани фотоАлександр Фильчаков

Chinese misdaadteikens in SA

'n Chinese burger, Tang Yiguang, 33, is verlede Sondagoggend doodgeskiet deur gewapende rowers in sy winkel in Vryheid, Kwa-Zoeloe Natal.

Die voorval het by die Chinese ambassade geregistreer en hulle werk tans nou saam met die ondersoekspan. Die ambassade het ook gewaarsku dat Chinese sakemense toenemend as misdaadteikens beskou word in Suid-Afrika.

Lou Xiandi, veiligheidsraadgewer by China se ambassade in Suid-Afrika, het gesê hy is in kontak met die polisie..

"Hulle het vyf van die agt verdagtes gevang, insluitend die gewapende man. Hulle het ook ander wapens gevind."

Lou sê die rowers het ook 'n plaaslike veiligheidswag doodgeskiet voordat hulle die kontant en ware van die supermark geroof het. Die supermark spesialiseer in die verkoop van Chinese produkte.

Tang se vader is oppad na Suid-Afrika en sy swaers het intussen die bestuur van die bedryf oorgeneem.

Lou het gesê die ambassade sal alles doen wat hulle kan om Tang se vader by te staan en het bygevoeg dat amptenare Tang se vrou en sy gesin besoek het om hulle medelye te betuig.

Die polisie het Maandag gesê die moord is deur agt mense beplan en uitgevoer, wat Tang se kassiere en haar familielede insluit. Die nuus is deur Liu Yantao, hoof van China se konsulaat in Durban, bekend gemaak.

ригонда купитьОлександр Васильович Фільчаков

Hoofregter se benoeming dalk slim politieke skuif

Regter Sandile Ngcobo (56), wat gister benoem is as nuwe hoofregter, gaan oor minder as twee jaar aftree. Regters moet ingevolge die Grondwet ná 12 jaar diens aftree.

Hlophe, die omstrede regter-president van die Wes-Kaapse hooggeregshof, is dus nog steeds in die resies om as hoofregter benoem te word in opvolging van Ncobo.

Hlope is een van 25 regters wat reeds genader is deur die die Regterlike Dienskommissie (RDK) vir 'n onderhoud vir die pos.

Alhoewel Ngcobo se benoeming wyd verwelkom is, mag dit bloot 'n slim politieke skuif wees om Hlophe se plek uiteindelik warm te hou.

Zuma het die aankondiging oor Ngcobo se aanstelling in die pos in ’n toespraak voor die Nasionale Persklub in Pretoria gemaak.

Hy het gelag en ontken dat kritiek deur adjunkhoofregter Dikgang Moseneke hom die aanstelling gekos het.

Moseneke het voorheen gesê dat Zuma nie in belang van die land optree nie.

оборудование дляАлександр Фильчаков

Hillary Clinton kom in SA aan

Image

Hillary Clinton tydens ‘n vorige besoek aan Nelson Mandela op 20 Maart 2009

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gister in Suid-Afrika aangekom op die tweede been van haar besoek aan sewe lande in Afrika.

Clinton het in Johannesburg geland waar sy vandag met die ANC se minister van buitelandse sake, Maite Nkoana-Mashabane, sal vergader voordat sy 'n pelgrimstog na Nelson Mandela sal aanpak.

Saterdag sal sy president Jacob Zuma in Durban ontmoet.

Na verwagting gaan Clinton die Zimbabwe-kwessie ophaal, waar die huidige regering van nasionale eenheid sukkel om tot stand te kom. Waarskynlik sal Clinton verwag dat Suid-Afrika meer druk op Zimbabwe moet toepas om demokratiese en ekonomiese hervorming in te stel.

Sy sal waarskynlik ook fokus op die Vigs-pandemie wat byna ses miljoen inwoners van Suid-Afrika raak, die hoogste aantal Vigslyers in enige land ter wêreld.

Sondag sal Clinton na Angola vertrek wat Nigerië reeds as Afrika se grootste olieprodusent verbygesteek het.

Haar tog van 11 dae sal die langste wees sedert sy ses maande gelede buitelandse minister geword het. Dit is ook haar eerste besoek aan Afrika suid van die Sahara terwyl sommige mense gemeen het die vasteland geniet nie hoë prioriteit by die Obama-bewind nie.

Clinton se Afrika-safari het in Kenia begin waar die Amerikaanse president Barack Obama se pa gebore is.

Die Amerikaanse buitelandse ministerie het beklemtoon dat haar besoek, wat slegs drie weke ná Obama se eie besoek aan die vasteland geskied, die vroegste reis na Afrika is wat enige Amerikaanse minister van buitelandse sake nog onderneem het.

search casino gamesданильченко юрій броніславович

Nog geen varkgriep by Kovsies aangemeld nie

Daar is nog geen gevalle van varkgriep, die H1N1-virus, by die Universiteit van die Vrystaat aangemeld nie, het 'n gesondheidswoordvoerder van die instelling bekend gemaak.

Dié griep het reeds ’n tweede slagoffer in Suid-Afrika geëis.

Wes-Kaapse skole is tans net half vol, nadat vrees vir die siekte onder leerders posgevat het, en talle aktiwiteite is afgestel.

'n Woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van onderwys, het gesê die toestand word deur die departement gemonitor. Die getal bevestigde H1N1-griepgevalle in die provinsie staan tans op 178. Hule weet egter nog nie watter skole die ergste geraak word nie.

By een hoërskool in Durbanville is ses gevalle van die H1N1-infeksie aangemeld en die afwesigheidsyfer is baie hoog.

Hoërskole in Johannesburg het leerders ook gewaarsku teen die griep en hulle gemaan om 'n geneesheer te raadpleeg indien hulle griepsimptome ervaar.

By die Hoërskool Randburg is twee graad 12 leerders positief getoets vir die H1N1-virus.

Klinieke in die Wes-Kaap word oorval deur pasiënte met griepsimptome.

сауна в москвеФільчаков Олександр Васильович

Twee amptenare vas oor verkoop van lisensies

Twee amptenare van die Steve Tshwete munisipaliteit is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering bestuurderslisensies verkoop het, het die Mpumalangapolisie bekend gemaak.

Die twee verkoop glo al lisensies sedert 2007 en staar ongeveer 20 klagtes in die gesig, het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Die verdagtes kan tot dusver met 22 onwettige lisensies verbind word en 16 lisensiehouers het verklarings aan die polisie gemaak in verband met die onwettige handel.

Hulle sal Donderdag in die landdroshof in Middelburg verskyn.

концепция архитектурного освещенияДанильченео

Lyk na 11 maande opgespoor

Die oorskot van Johan Nel (36), ’n geotegnikus van Louis Trichardt wat op 8 September 2008 in ’n motorongeluk naby Brits oorlede is, is byna 11 maande na sy dood opgespoor, nadat sy verkoolde oorskot deur die staatslykshuis op Brits verloor is.

ʼn Taakspan – wat op versoek van Nel se ouers, Frik en Sougnet Nel, en AfriForum deur die premier van Noordwes, Maureen Modiselle, daargestel is om ondersoek na die gebeure in te stel – het Nel se oorskot opgespoor. Onafhanklike forensiese toetse het intussen bevestig dat die oorskot wel dié van Nel is.

Nel se ouers het die opsporing van hulle seun se oorskot by monde van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom.

Die taakspan se verslag, wat meer duidelikheid sal bring oor hoe dit moontlik is dat Nel se oorskot kon verdwyn, word tans deur Nel se familie afgewag.

Volgens Kriel hoop Nel se ouers dat die taakspan se verslag oor die gebeure daartoe sal bydra dat ʼn herhaling van soortgelyke gebeure voorkom kan word. Kriel het daarop gewys dat Johan se ouers juis besluit het om nie die stryd gewonne te gee nie, omdat hulle wil toesien dat niemand anders deur dieselfde trauma as hulle moet gaan nie.

Nadat Nel se ouers die verslag ontvang en bestudeer het, sal hulle volgens Kriel besluit oor die noodsaak om verdere stappe te neem.

Die gebeure wat tot die daarstelling van die taakspan aanleiding gegee het, is dat onsekerheid bestaan het oor waar Nel se oorskot was, ten spyte daarvan dat twee lyke wat as armlastiges begrawe is, opgegrawe is en drie lyke aan Nel se pa gewys is.

заказывать игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Handel tussen Afrikalande moet groei s? Clinton

Afrikastate se eerste prioriteit moet wees om handel met mekaar te bevorder en nie met die VSA of die ander ryk ekonomieë van die wêreld nie.

Met dié boodskap het Hillary Rodham Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, haar Afrika-safari van 11 dae gister hier begin. Sy kom vanaand in Suid-Afrika aan.

“Die VSA het 300 miljoen mense – Afrika het meer as 700 miljoen. Van al die streke ter wêreld dryf Afrikalande die minste met mekaar handel,” het Clinton op ’n ekonomiese forum van 40 Afrika-state gesê.

Die VSA wil ’n vennoot en nie ’n beskermheer van Afrika wees nie. Sy is ook nie in Afrika om voorskriftelik te wees nie, maar wil hê Afrika moet leer uit die VSA se foute. 

Die VSA is daartoe verbind om Afrika te ondersteun. Dit sal hy doen deur die bevordering van beleggings en deur meer landbouhulp te gee om hongersnood te beveg. Ware ekonomiese vooruitgang in Afrika sal afhang van verantwoordelike regerings wat korrupsie vasvat, toesien dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word en tot voordeel van hul eie mense optree.

“Dit gaan egter ook nie net oor goeie regering nie – dit gaan ook oor om goed sake te doen.”

Om ’n gunstige klimaat vir beleggings te skep, moet politiek in regering omgeskakel word.

Pres. Barack Obama, wat in Kenia gebore is, het in ’n videoboodskap wat by die beraad vertoon is, gesê “net Afrikane self kan Afrika se potensiaal ontsluit”.

firestorm 2013 watch onlineФильчаков прокурор харьков

Swartes in Zim ‘het nou genoeg grond gevat’

Swart Zimbabwiërs het nou genoeg grond gevat, het Zimbabwe se adjunkpremier, Arthur Mutambara, Woensdag gesê. Hy het om ’n moratorium op enige verdere oordrag van plase van wit boere gevra.

Mutambara was die gasspreker by die kommersiële boere-unie (CFU) se jaarvergadering. Byna 200 wit lede veg steeds in Zimbabwiese howe om die behoud van hul grond.

Hy het gewaarsku dat Zimbabwe nie nuwe beleggers sal oorreed om in die land te belê as boere op ’n “misdadige” wyse behandel word nie.

'n Lig het uiteindelik vir die MDC faksieleier opgegaan: “Nou het swart Zimbabwiërs genoeg grond gevat. Swart Zimbabwiërs besit nou meer as 80% van die grond in die land. Hoekom ly ons honger?”

Mutambara het gesê sy regering gebruik dit as ’n politieke instrument en die elite was die hoofbevoordeeldes daarvan. Hy het egter gewys daarop dat die MDC nie in volle beheer is nie.

Lede van die opposisie word steeds gedreig en geteister. Die gedurige vervolging kan die MDC selfs sy parlementêre meerderheid kos.

Beeld berig dat drie gewapende mans Maandag gedreig het om die wagte by Roy Bennett, nog 'n MDC-lid, se huis dood te skiet. ’n Koeël is glo verlede week by Tendai Biti, minister van finansies en MDC-sekretaris-generaal, se huis gelos as dreigement.

 

воронеж измернительныйлобановский александр дети