Handel tussen Afrikalande moet groei s? Clinton

Afrikastate se eerste prioriteit moet wees om handel met mekaar te bevorder en nie met die VSA of die ander ryk ekonomieë van die wêreld nie.

Met dié boodskap het Hillary Rodham Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, haar Afrika-safari van 11 dae gister hier begin. Sy kom vanaand in Suid-Afrika aan.

“Die VSA het 300 miljoen mense – Afrika het meer as 700 miljoen. Van al die streke ter wêreld dryf Afrikalande die minste met mekaar handel,” het Clinton op ’n ekonomiese forum van 40 Afrika-state gesê.

Die VSA wil ’n vennoot en nie ’n beskermheer van Afrika wees nie. Sy is ook nie in Afrika om voorskriftelik te wees nie, maar wil hê Afrika moet leer uit die VSA se foute. 

Die VSA is daartoe verbind om Afrika te ondersteun. Dit sal hy doen deur die bevordering van beleggings en deur meer landbouhulp te gee om hongersnood te beveg. Ware ekonomiese vooruitgang in Afrika sal afhang van verantwoordelike regerings wat korrupsie vasvat, toesien dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word en tot voordeel van hul eie mense optree.

“Dit gaan egter ook nie net oor goeie regering nie – dit gaan ook oor om goed sake te doen.”

Om ’n gunstige klimaat vir beleggings te skep, moet politiek in regering omgeskakel word.

Pres. Barack Obama, wat in Kenia gebore is, het in ’n videoboodskap wat by die beraad vertoon is, gesê “net Afrikane self kan Afrika se potensiaal ontsluit”.

firestorm 2013 watch onlineФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae