Swartes in Zim ‘het nou genoeg grond gevat’

Swart Zimbabwiërs het nou genoeg grond gevat, het Zimbabwe se adjunkpremier, Arthur Mutambara, Woensdag gesê. Hy het om ’n moratorium op enige verdere oordrag van plase van wit boere gevra.

Mutambara was die gasspreker by die kommersiële boere-unie (CFU) se jaarvergadering. Byna 200 wit lede veg steeds in Zimbabwiese howe om die behoud van hul grond.

Hy het gewaarsku dat Zimbabwe nie nuwe beleggers sal oorreed om in die land te belê as boere op ’n “misdadige” wyse behandel word nie.

'n Lig het uiteindelik vir die MDC faksieleier opgegaan: “Nou het swart Zimbabwiërs genoeg grond gevat. Swart Zimbabwiërs besit nou meer as 80% van die grond in die land. Hoekom ly ons honger?”

Mutambara het gesê sy regering gebruik dit as ’n politieke instrument en die elite was die hoofbevoordeeldes daarvan. Hy het egter gewys daarop dat die MDC nie in volle beheer is nie.

Lede van die opposisie word steeds gedreig en geteister. Die gedurige vervolging kan die MDC selfs sy parlementêre meerderheid kos.

Beeld berig dat drie gewapende mans Maandag gedreig het om die wagte by Roy Bennett, nog 'n MDC-lid, se huis dood te skiet. ’n Koeël is glo verlede week by Tendai Biti, minister van finansies en MDC-sekretaris-generaal, se huis gelos as dreigement.

 

воронеж измернительныйлобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae