Ipsos: Vier uit 10 sal e-skyfies aanskaf

Vier uit 10 Gautengse motoriste het in ‘n e – tol opname aangedui dat hulle e-skyfies sal koop, of reeds het, het bemarkingsnavorsing maatskappy Ipsos Vrydag gesê. Volgens die studie, wat van tussen 11 Oktober – 21 November geloop het, het slegs een uit 10 bestuurders in Gauteng (10 persent) sterk saamgestem met die stelling:

Lees verder: Ipsos: Vier uit 10 sal e-skyfies aanskaf

Zuma sê skaliegas is geleentheid vir Karoo

Die ontdekking van skaliegas in die Karoo skep moontlikhede vir groei en ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap, het President Jacob Zuma Vrydag gesê. “Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig, want die regering beskou hidrouliese breking vir skaliegas as ‘n ‘spelbreker’ en ‘n geleentheid vir die Karoo-streek en vir ons ekonomie in die algemeen, ”

Lees verder: Zuma sê skaliegas is geleentheid vir Karoo

Matriekvraag oor babaverkragting uitgesluit

Die departement van basiese opvoeding het uiteindelik geswig voor druk van ontstoke ouers, onderwysers en matrieks oor ‘n eindeksamenvraag wat as heeltemal onvanpas beskou word. Die hoogsomstrede verkragting-vraag wat in die matriek dramakunde-vraestel gevra is, sal uitgesluit word, het die departement in ‘n verklaring gesê. Die vraag het gehandel oor die drama Tshepang, wat geskoei

Lees verder: Matriekvraag oor babaverkragting uitgesluit

Komeet ISON het dalk ontmoeting met Son oorleef

Sterrekundiges sê die “komeet van die eeu” kon sy noue ontkoming met die son oorleef het. Dit is eers berig dat die komeet ISON se kern en stert vernietig is deur die son se bestraling en aantrekkingskrag, maar die Europese Ruimte-agentskap ( ESA ) het gesê die “storie gaan voort”. Die agentskap het Vrydag getwiet:

Lees verder: Komeet ISON het dalk ontmoeting met Son oorleef

Die Britse bo-lip bewe

Die Britte se vermaarde stywe bo-lip het effens begin bewe. Brittanje verbruik meer anti-depressante as byna al hulle bure in Europa, het ‘n internasionale studie het bevind. Die Verenigde Koninkryk het die sewende hoogste voorskryfkoers vir medikasie soos Prozac in die Westerse wêreld, met 71 daaglikse dosisse per dag vir elke 1000 inwoners in 2011.

Lees verder: Die Britse bo-lip bewe

Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

Die regering wil hê die koste van privaat-gesondheidsorg moet verlaag word om by te dra tot die sukses van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die privaat-gesondheidsorgbedryf is gekant teen verandering en wil hê mense moet glo gesondheidsorg is duur. Motsoaledi sê gesondheidsorg moet bekostigbaar wees. Hy sê die gehalte

Lees verder: Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

Tutu: Gebrek aan vergoeding deur WVK, ernstige fout

Onvermoë van die Waarheid-en-Versoeningskommissie om reparasie aan die slagoffers van apartheid te verseker, is een van die liggaam se mees “ernstige” foute, sê Desmond Tutu. By ‘n seremonie wat deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening gehou is dié week, het die emeritus-aartsbiskop uitgevaar teen die gebrek aan vergoeding vir slagoffers. Sy kommentaar val saam

Lees verder: Tutu: Gebrek aan vergoeding deur WVK, ernstige fout

EU plaas invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus

‘n Invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus is deur die Europese Unie ingestel. Die verbod volg nadat 36 sitrusbesendings uit Suid-Afrika onderskep is. Die EU het ‘n invoerverbod geplaas op die meeste sitrusprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word. Die rede wat die EU aanvoer is dat ‘n swamsiekte, Swartvlek of Swartkolsiekte, in van die besendings gevind is. ‘n

Lees verder: EU plaas invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus

Onderwysers gevang wat armes se kos steel

Ses onderwysers van ‘n skool in Sakhile naby Standerton is in hegtrenis geneem nadat hulle na bewering kos gesteel het wat vir arm en honger kinders bedoel was. Die polisie in Mpumalanga sê die leerkragte word aangehou. Kolonel Leonard Hlathi sê die polisie het die kruideniersware vir die skool se skolevoedselprogram in die onderwysers se

Lees verder: Onderwysers gevang wat armes se kos steel

Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel

Die hooggeregshof in Kaapstad het ‘n dringende hofbevel aan die Kaapstadse metroraad toegestaan om enige onwettige protesoptogte te keer. ‘n Optog van EFF-simpatiseerders en die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep wat vandag gehou word, het sake-ondernemings in die middestad reeds gewaarsku dat hulle hul deure moet sluit. Vroeër die maand het oproermakers in die middestad omstanders aangerand, vensters gebreek

Lees verder: Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel