Onlangs is ek uitgenooi om aan ‘n paneelbespreking in Brixton, Johannesburg, rondom die film oor Braam Fischer se lewe, Love, Communism, Revolution & Rivonia, deel te neem. Die ander deelnemers, asook die gehoor, was almal links, selfs ekstreem-links en daarom het niemand my vrae en opmerkings oor Braam Fischer se kommunistiese oortuigings besonder gewaardeer nie.
Die nuwe Rooi Gevaar

Wiskunde en wetenskap is te moeilik en veeleisend, meen Suid-Afrikaanse skoolleerlinge. Meer as 60% van die 7 000 leerlinge wat aan 'n opname deur Mark Shuttleworth se stigting deelgeneem het, meen dit is waarom Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskappunte so laag is vergeleke met ander lande.
Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
Dit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.