Boer wat homself wou verdedig van moord aangekla

Vier swart verdagtes tussen die ouderdomme van 26 en 40 is in hegtenis geneem nadat ‘n 70-jarige boer Maandag aangeval is in Brandfort. Maar die boer gaan ook van moord aangekla word omdat hy een van die aanvallers gedood het. Polisiewoordvoerder Ikobeng Hlubi, sê die boer is deur vyf verdagtes voorgekeer omstreeks 07:00 toe hy

Lees verder: Boer wat homself wou verdedig van moord aangekla

Lesufi se nuwe rasperd: Skoolmeisieshare by Pretoria Girls

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas ‘n kleuterskool in Centurion geïntimideer en verguis het omdat ‘n swart kind vir oomblikke alleen by ‘n tafeltjie gesit het, het nou sy mes in vir Pretoria Girls High, ‘n Engelstalige openbare skool in Pretoria. Blykbaar het van die swart leerlinge teen die haarreëls betoog

Lees verder: Lesufi se nuwe rasperd: Skoolmeisieshare by Pretoria Girls

Mugabe blameer VSA, Brittanje vir Vrydag se oproer

Die geweld wat Vrydag in Harare uitgebreek het, is die Weste se skuld, sê pres. Robert Mugabe. Hy het ook gewaar­sku het dat hy nie ‘n “Arabiese Lente” in Zimbabwe sal duld nie. Die polisie het opposisie-ondersteuners by Freedom Square in die middestad met knuppels, traangas en waterkanonne uiteengejaag nadat oproeriges die naamborde vir Robert

Lees verder: Mugabe blameer VSA, Brittanje vir Vrydag se oproer

Valke oorhandig Gordhan-dossier aan NGV

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat ‘n dossier van die Valke ontvang is oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se moontlike vervolging. Die saak teen Gordhan is dus in die hande van adv. Shaun Abrahams, die nasionale vervolgingshoof, nadat die dossier Vrydag aan hom oorhandig is. Die NVG het gesê dat staatsaanklaers nog besig is

Lees verder: Valke oorhandig Gordhan-dossier aan NGV

Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom

Steve Hofmeyr het ‘n verdere uitdaging aan die linkse hoofstroommedia gerig deur Saterdagaand net ná nege-uur “Die Stem” aan die einde van sy vertoning by die Kaboem-fees net buite Nylstroom te sing. Die skare van sowat 7 000 mense (sommige het dit op 10 000 geskat) het spontaan op aandag gestaan en saamgesing in ‘n

Lees verder: Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom

Rugby: Die god van ‘transformasie’ sneuwel in Argentinië

Vir slegs die tweede keer in die geskiedenis het die eens trotse Springbokrugbyspan oor die naweek teen die Argentynse Poemas in die stad Salta verloor met 24-26 verloor. Die plaasvervangerlosskakel Santiago González Iglesias het in die 78ste minuut van die wedstryd die laaste spyker in die Springbokdoodskis geslaan toe hy met ‘n strafskop geslaag het.

Lees verder: Rugby: Die god van ‘transformasie’ sneuwel in Argentinië

Hoe linkse politiek geweld in die hand werk

Die afgelope paar jaar het ons vanuit allerlei hoofstroommediabronne verneem oor dade van agressie wat gepleeg was deur uiteenlopende figure, van geloofsfanatici tot mense wat geestessiek is. Soos dit die gewetenloosheid van die politiek betaam, probeer almal hier munt uit te slaan, hetsy deur strenger wapenwette, hetsy deur die bevolking se gemoedere te bedaar met

Lees verder: Hoe linkse politiek geweld in die hand werk

Leon Lemmer: Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof

Ek het onlangs in ‘n Bolandse dorp oornag. Dit het die hele nag deurdringend gereën. Kort na dagbreek het die wolke gewyk en het die son helder geskyn. Die voëls het die hele nag deurnatheid en yskoue verduur maar het teen sonsopkoms pragtig gesing. Dit het my laat dink aan die Bybelvers: “Nogtans sal ek

Lees verder: Leon Lemmer: Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof

Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?

In November 2003, toe Pravin Gordhan hoof van die Inkomstediens was, het Harry Chakala verskeie tenderooreenkomste met die Inkomstediens gehad om dokumente te skandeer as deel van ‘n moderniseringsproses. Hy het reeds ‘n gedeelte van die werk afgehandel toe hy oor ‘n radionuusbulletin hoor dat een van die tenders hertoegeken is aan ‘n maatskappy in

Lees verder: Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?

Steve Hofmeyr: Antwoord aan Max du Preez oor ‘Die Stem’

Die nuwe Suid-Afrika sal vir altyd aan die oue gemeet word, met of sonder “Die Stem”, Max du Preez. Jy weet, ná so 270 konserte vandat ek by Innibos verban is vir die sing van “Die Stem”, het ek die lewende bewys geword, nie van die dualiteit in Suid Afrikaanse patriotisme nie, maar die enormiteit

Lees verder: Steve Hofmeyr: Antwoord aan Max du Preez oor ‘Die Stem’