8 in Ratte-saak vrygelaat

Agt van die beskuldigdes in die Willem Ratte-saak is vandag op waarskuwing vrygelaat en sal in huisarres op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik verkeer. Oudkommandant Ratte en Eugène Becker het egter nie om borgtog aansoek gedoen nie en sal in die WItbankse gevangenis agterbly. Ratte hou vol dat hy onskuldig deur die polisie in

Lees verder: 8 in Ratte-saak vrygelaat

Gevaarligte flikker oor museums

Gewoonlik is daar ‘n regte manier van dinge doen, en daar is ‘n verkeerde manier van dinge doen. Oor die meriete om museums in Bloemfontein saam te smelt ter wille van die beter aanwending van hulpbronne wat veral kleiner museums – ook in die omgewing – sal bevoordeel kan gedebatteer word. Daar is gereeld berigte

Lees verder: Gevaarligte flikker oor museums

Vermorsing van geld in die onderwys

Die Vryheidsfront Plus het met skok gereageer op die verslag van die ouditeur-generaal aan die Parlement dat drie onderwysdepartemente nie kon verduidelik hoe R44 miljard deur hulle aangewend is nie. Dit sluit die onderwysdepartemente van die Oos-Kaap en Limpopo in wat die afgelope paar jaar die swakste matrikulasie-uitslae in die land gehad het. Slegs die Wes-Kaap  Gauteng

Lees verder: Vermorsing van geld in die onderwys

Grondhervorming en onteiening

Benewens sekere ontstellende aspekte van die Groenskrif oor Grondhervorming wat na die media uitgelek is, spreek die opstellers in die groenskrif self die kommer uit dat van die voorstelle op regsgronde teenspoed kan kry. Terselfdertyd spreek die prokureurstydskrif, De Rebus, kommer uit oor swak opgestelde wetgewing wat nou endemies word. Daar is weliswaar ‘n verskil

Lees verder: Grondhervorming en onteiening

Politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis

Die rissiepit-aktivis Rhoda Kadalie skroom nie om haar mond behoorlik uit te spoel nie, en indien daar heilige koeie is wat sy nie slag nie, is hulle bitter skaars. Pas het sy in haar rubriek in Die Burger die stelling gemaak dat politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis is. Dit staan wel in ‘n

Lees verder: Politieke korrektheid die diktatuur van die liberalis

Derby-Lewis ondergaan nog ‘n operasie

Clive Derby-Lewis sal Dinsdag nóg ‘n operasie ondergaan om ‘n kankergewas by sy regterslaap te laat verwyder, het sy regsverteenwoordiger gesê. “Die operasie is om die kanker uit sy regterslaap te verwyder en te sien hoe diep die groeisel is. Dit is kommerwekkend, aangesien die groeisel blykbaar tot by sy skedel strek,” het Marius Coertze

Lees verder: Derby-Lewis ondergaan nog ‘n operasie

Wit mans bly die bobaasbreine

Dit blyk uit ‘n studie deur die Academy of Science of South Africa (Assaf) dat daar sowat 26 mense met doktorsgrade vir elke miljoen inwoners in Suid-Afrika is en die meeste is wit mans. Turkye het 48, Australië 264, Korea 187 en Portugal 569. Assaf het ‘n studie oor die eise van hoëvlakvaardighede in ‘n

Lees verder: Wit mans bly die bobaasbreine

Weergee van die geskiedenis

Pas het lande in die Amerika’s ‘n dag lank effektief tot stilstand gekom om Columbus se sogenaamde ontdekking van die Nuwe Wêreld te herdenk. Dit volg kort na Krugerdag, wat as Heldedag bekend was voor dit afgeskaf is. In Suid-Afrika is Van Riebeeckdag, of te wel Stigtingsdag, ook nie meer ‘n amptelike vakansiedag nie. Die

Lees verder: Weergee van die geskiedenis

Buitelanders in tronke kos staat miljoene

Volgens die minister van Korrektiewe Dienste, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is daar tans 8 580 buitelanders wat in Suid-Afrikaanse tronke aangehou word. Hiervan is 4 868 reeds gevonnis en 3 712 is verhoorafwagtend. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Die meeste is Zimbabwiërs (3 712) en

Lees verder: Buitelanders in tronke kos staat miljoene