Agt van die beskuldigdes in die Willem Ratte-saak is vandag op waarskuwing vrygelaat en sal in huisarres op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik verkeer. Oudkommandant Ratte en Eugène Becker het egter nie om borgtog aansoek gedoen nie en sal in die WItbankse gevangenis agterbly.
Ratte hou vol dat hy onskuldig deur die polisie in hegtenis geneem is en weier daarom om om borgtog aansoek te doen. Hy is nou reeds 15 dae met ‘n eetstaking besig en daar word gevrees dat hy in die gevangenis mag sterf. Eugene Becker het ook nie om borgtog aansoek gedoen nie ten einde Ratte in sy verswakte toestand in die tronk by te staan.
Die departement van korrektiewe dienste sal die vrygelate mans monitor en hulle sal gereeld by die naaste polisiestasie moet aanmeld.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.