“Die syfers is ‘n bewys dat grensbeheer, veral met Zimbabwe en Mosambiek, gefaal het en die belastingbetalers moet opdok om buitelandse misdadigers te onderhou. Daar moet dadelik aandag gegee word aan die verhoorafwagtendes. Teen ten minste R150 per dag kos die buitelanders Suid-Afrika R470 miljoen (R469 755 000) per jaar. Met beter grensbeheer kan miljoene bespaar word,” sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.
Volgens Groenewald is ‘n soortgelyke vraag aan die minister van Polisie vroeër vanjaar gevra om te bepaal hoeveel buitelanders by misdaad betrokke is. Die minister het geantwoord dat die statistiek nie deur die Polisie gehou word nie. Gevangenes van 99 lande word in SA-tronke aangehou. Van die VSA en Brittanje word elk sewe burgers aangehou.
