‘n Vermeende reeksmoordenaar verskyn na verwagting vandag in die Kestell-landdroshof nadat die polisie altesaam ses lyke uit vlak grafte op ’n plaas in die distrik gehaal het. Lentsha Molefe (32), ’n seisoenwerker van Lesotho, is in Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue uit vlak grafte op die plaas Geduld
Oostenryk se regses verloor na skietery verlinkses red
Oostenryk het byna die eerste Europese Unie-lidland geword wat ‘n ver-regse staatshoof verkies het, maar ‘n skietery het dit verhoed. Voorlopige uitslae láát Sondag het Norbert Hofer van die Vryheidsparty (FPO) ‘n voorsprong van 3,8 persentasiepunte gegee. Maar drie mense is dood by ‘n konsert in die dorp Nenzing in die weste van Oostenryk terwyl
Lees verder: Oostenryk se regses verloor na skietery verlinkses red
Polisie skiet oproerige in Oos-Kaap dood
‘n Betoger is naby Mount Ayliff in die Oos-Kaap dood tydens hernude oproer. Die slagoffer was na bewering deel van ‘n groep oproeriges wat die R-61 tussen Magusheni en Fort Donald versper en die polisie aangeval het. Die betogers eis elektrisiteit, padinfrastruktuur en die voorsiening van water en sanitasie. ‘n Polisiewoordvoerder sê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat
Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld
‘n Uitsettingsoperasie buite Pretoria het dodelik geëindig toe duisende plakkers slaags geraak het met Rooi Miere. Minstens twee is dood en ses ernstig beseer. Plakkers uit Suurman, buite Hammanskraal, het busse aan die brand gesteek asook vragmotors, en paaie met rommel en brandende bande afgesper. Drie busse is uitgebrand en inwoners het parte van die
Zuma verstewig greep op KZN
Ondersteuning vir President Jacob Zuma bly sterk, veral onder sy eie etniese groep. Zuma se greep op sy tuisprovinsie is verder verstewig ná KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu, sy bedanking aangekondig het en ‘n bondgenoot van die president se Willies Mchunu, oorgeneem het. Die twee is nie verwant nie. Ander lede van die Mchunu-kabinet wat
Withuis-skietery: Man kritiek
Veiligheidsmaatreëls by die Withuis in Washington is Vrydag tydelik verskerp ná ’n skietvoorval in die omgewing. ‘n Amerikaanse wetstoepassingsbeampte het gesê owerhede het die gewapende man geïdentifiseer as Jesse Oliveri (30) van Ashland, Pennsylvania. Pres. Barack Obama was nie ten tyde van die voorval tuis nie en geen van sy personeel is beseer nie, het
Taliban-leier gedood
Amerika het Saterdag ’n lugaanval op die Afgaanse Taliban uitgevoer en dié groep se leier het vermoedelik gesterf toe die voertuig waarin hy gery het, raakgeskiet is. Die aanval is in ’n afgeleë gebied in Pakistan naby die grens tussen dié land en Afganistan uitgevoer, het Reuters berig. Indien bevestig word dat die Talibanleier in
Twee Moslems in Ficksburg oorval
‘n Moslempa en sy seun wat ernstig beseer is tydens ‘n huisroof in Ficksburg is steeds in ‘n kritieke toestand in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem. Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê Yunus Suleman en sy 21-jarige seun Ayaaz het beide skietwonde aan die maag opgedoen toe hulle in hul huis in Ficksburg aangeval is.
Vegetariër dood op Everest
‘n Suid-Afrikaans-gebore vegetariër is een van drie klimmers wat dood is nadat ‘n aantal bergklimmers op die berg Everest siek geword het. Amptenare in Nepal sê bykans 30 bergklimmers het siek geword, grootliks van vriesbrand. Die lug naby die piek is so dun dat selfs met aanvullende suurstof, is elke minuut wat ‘n klimmer spandeer
Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel
Die ministerie van Verdediging het berigte ontken dat die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ‘n jong vrou van Burundi met ‘n vervalste paspoort op ‘n staatsvliegtuig in die land ingesmokkel het. Volgens die Sunday Times het die minister in Januarie 2014 haar invloed gebruik om te verseker dat Michelle Wege uit aanhouding vrygelaat word, het RSG berig.
