Suid-Afrika is die afgelope week of wat geteister deur aanhoudende kragonderbrekings. ‘n Onafhanklike energiekonsultant, Mnr Andrew Kenny, is ‘n uitgesproke kritikus van die ANC-regime se gebrek aan toekomsvisie. Volgens mnr Kenny het hy al tien jaar gelede gewaarsku dat daar ‘n krisis met kragvoorsiening sou voorkom. Daardie waarskuwings is egter deur die regime geïgnoreer en vandag ly Suid-Afrikaners daaronder.
Een gevolg van die kragonderbrekings is byvoorbeeld dat rou riool in riviere gestort word. Die SAUK berig vanoggend dat die inwoners van ‘n gebied wat strek vanaf Hartbeesboort tot by Bronkhorstspruit menslike afval in hul drinkwater kan verwag, aangesien miljoene liter riool nie behandel kon word nie. Die waterwerke wat drinkwater aan bogenoemde gebiede verskaf, is stroomaf van die rioolwerke. As ek in Bronkhorstspruit gewoon het, was gebottelde water my voorland.

Lees verder: Krag, kos en kitsbevrediging