Waarom ons die wêreldbeker nie durf wen nie
Nou goed. Ek erken, ek het ‘n dopamienkrisis. Dis so erg, dat ek myself in ‘n kringetjie in een of ander barre gemeenskapsaal kan sien opstaan en sê: “My naam is Gustav Venter. Ek is ‘n dopamienolis.” Soos enige verslaafde aan die begin van sy rehabilitasie, wil ek nog iemand anders vir my probleem blameer. Dis alles my pa se skuld. Hy het my opgevoed op ‘n dieet van storieboeke, flieks, opera en sport.
Die enigste van hierdie vier kultuurpilare waaroor ons enigsins verskil het, was opera: Pa het ‘n mate van ongeduld gehad met my Maria Callas-infatuasie. Op die ander gebiede is my smaak grootliks deur syne gevorm. Maar dit is veral oor sport wat ons harte saam geklop het.

Lees verder: My dopamien op die altaar