Winnie steun dalk vir Tokyo

Image

Winnie Mandela

Verwarring heers oor Winnie Madikizela-Mandela en haar verbintenis met Tokyo Sexwale. Gister het Sexwale se verkiesingskomitee in die Oos-Kaap berig dat sy die komende naweek saam met Sexwale sou optree tydens twee byeenkomste in die streek: Saterdag in Mdantsane. Oos-Londen, en Sondag in die Chris Hani-distrik.

Sexwale se woordvoerder, Chris Vick, het egter gisteraand aangekondig dat die vroeëre berig foutief was en dat Sexwale die naweek in die Vrystaat moet optree. Madikizela-Mandela wou tot dusver nog nie kommentaar op die aangeleentheid lewer nie. Volgens Ncebu Faku, prominente ANC-leier in die Oos-Kaap en ook ’n ondersteuner van Sexwale, gesels Madikizela-Mandela en Sexwale egter weekliks met mekaar.

In Julie vanjaar het Sexwale ’n splinternuwe BMW 7-model vir die moeder van die nasie aangekoop. Die motor is sowat R715 000 werd en hy het met sy tjekboek daarvoor betaal. Dit word gesien as ’n poging om haar steun te wen vir sy pogings om aan die einde van die jaar as voorsitter van die ANC verkies te word.

Intussen het die Daily Dispatch gister berig dat die ANC die meeste steun in die Oos-Kaap het. 153 164 Mense is lede van die party in hierdie provinsie. Kwazulu-Natal het 102 742 ingeskrewe lede, Gauteng 59 909, die Vrystaat 61 310, Limpopo 67 632, Mpumalanga 54 913, Noordwes 47 353, die Noord-Kaap 37 267 en die Wes-Kaap 36 947.

Gebaseer op hulle ledegetalle gaan die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal die grootste sê hê in die aanwysing van die party se nuwe nasionale voorsitter in Desember vanjaar. Die Oos-Kaap ondersteun tans vir Thabo Mbeki, terwyl Kwazulu-Natal bankvas agter Jacob Zuma staan.

86 справкаФильчаков прокуратура харьков